Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die sterwensuur

B.D.2348.-.27 Mei 1942

Die losraak van die siel van die liggaam is `n ontwikkelingsgang wat meestal verskriklik pynlik deur die liggaam ondervind word, omdat, vir `n skeiding sonder smart en pyn, `n bepaalde graad van rypheid vereis word - wat egter selde deur mense bereik word. Steeds sal die sterwensuur die nog onrype mens laat besef, dat hy versuim het om na so `n rypheid te strewe. Dat hy nou uit eie krag niks meer kan vermag nie, wanneer hy die menslike omhulsel verlaat. En na gelang die toestand van sy siel, sal die sterwensuur hom nou min of meer swaar tref.

Solank die mens nog op aarde vertoef, is hom ook die moontlikheid gegee om homself te ontdoen van afval substansies, en die siel sal haar Skepper in die hiernamaals dank as Hy die siel nog die geleentheid daartoe gee voor haar sterwe, sodat sy nie so in die hiernamaals hoef te ly nie. Omdat God regverdig is, moet die siel in die hiernamaals haar lot op haarself neem, en het sy veel groter lyding nodig om die graad van sielsrypheid te bereik. Sonder hierdie rypheid is die ingang in die ligsfere egter nie moontlik nie. Sodoende moet lyding en pyn die siel hierdie rypheid as resultaat bring en sodoende kan `n langdurige op sterwe lê, altyd as `n opwaartse gang beskou word.

Die mense sien maar net die pynlike staat van die lyding en dit dra daartoe by dat hulle al net daaroor die dood vrees, omdat die doodsuur vir hulle ondraaglik lyk. En tog is dit `n gevolg van die oorgrote liefde vir die mens, om hom `n des te helderder lig te laat toekom in die hiernamaals. Want aan hierdie liefde lê alles ten grondslag.

Lyding en smarte stuur God altyd maar net oor die aarde met die doel dat die liggaamlike verlange van die mens gedood moet word, dat hy meer aan sy siel dink en haar probeer vorm tot volmaaktheid. Elke leed wat sukses hierin het, is deur God geseënd. Die tyd op aarde gaan snel verby en kan met `n goeie wil deurloop word, deur afstand te doen van al die aardse. Dan vorm die siel haarself na God se wil en het aan die einde van haar lewenswandel geen buitengewone lyding meer nodig om die leerryk in te kan gaan nie.

Steeds dra die leed egter tot `n verhoogde rypheid by en is daarom `n barmhartigheid vir die mens, wat andersins sy foute en swakhede in die hiernamaals sou moes aflê - wat eweneens uiters smartlik sou wees. Dus bly die leed volstrek nie vir hom gespaar nie, al gaan die uur van die dood skynbaar stil en sonder smart verby. God ken die toestand van die siel van die mens en Hy weet ook van haar gewilligheid om al die onreine te bestry. En so kom Hy die mens tegemoet, deurdat Hy hom geleenthede gee om daardie voornemens uit te voer, deurdat Hy die sterwensuur nog tot `n laaste moontlikheid vir hom laat word om homself te ontdoen van alle afvalsubstansies, om gereinig in die ewigheid te kan ingaan.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205