Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 66

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Voorspraak vir siele in die hiernamaals (2)

B.D. 8616.-.14 September 1963

Antwoord op die mening dat maar net "betroubare" bidders die reg het om vir arme siele te bid.

Steeds weer onderrig Ek u in die evangelie van die liefde, want as u dit aanneem en die gebod van die liefde tot God en u naaste volbring, vervul u u aardse opdrag. En u moet u daarom steeds afvra of alles wat u dink, spreek en doen, volgens My gebod van die liefde is. Maar steeds is net die liefde, wat diep in die hart opvlam, van belang, want met leë woorde en gebare kan Ek My nie tevrede stel nie.

En so moet ook alle werk van liefde onselfsugtig gedoen word, want die uitsig op loon doen afbreuk aan die liefde - en sulke dade word dan ook slegs aards beoordeel. Altyd sal die innerlike gevoel om te help en te wil verbly maatgewend wees. Altyd sal die onselfsugtige gewende liefde bedoel wees, wanneer Ek `n lewe in liefde van u vra, dit alleen bring u tot voltooiing. Dog hierdie reine Goddelike onselfsugtige liefde verbind u met My, en wat u in so `n liefde vir u naaste versoek - dit sal hy ook ontvang. Hetsy dat sy aardse nood geledig word, hetsy dat geestelike gawes aan hom geskenk word. Altyd sal u liefde, wat u naaste betref, dit bewerkstellig.

Wat sonder liefde geskied, gebede wat slegs deur die mond uitgespreek word, maar nie uit die diepte van die hart voortkom nie - is as nie gespreek nie, want dit bereik nie My Oor nie en dus kan sulke gebede nie verhoor word nie. Omdat die werk in liefde in alle opsigte egter die doel is van die aardse bestaan, sal Ek ook nie ophou om die liefde te predik nie. En Ek sal ook My arbeiders in My wingerd steeds opdra om die evangelie van die liefde verder te versprei, elke mensehart aan te spreek en aan te spoor tot die onselfsugtige doen van liefdesdade. Maar nooit sal Ek `n mens verhinder om in liefde te werk nie, dit spreek vir homself. Dit gaan slegs daarom dat hy lewend is en by alles deur die liefde aangespoor word, want Ek het vir geen enkele uiterlike vorm waardering nie, omdat dit waardeloos is vir die siel van die mens. Ekself beoordeel slegs die wil van die mens, en Ek alleen weet by alles wat hy dink, spreek en doen, of sy hart betrokke is al dan nie.

En u mense moet altyd maar net die liefde predik, u mag egter nooit die mense belet om dade van liefde te verrig nie - waartoe ook die gebed vir die gestorwenes behoort. Want ken u die graad van rypheid van diegene wat bid? En maak u die mense wat u waarsku vir so `n gebed nie onseker nie? Glo dit maar dat hulle self kan beoordeel of hulle gebede deur My aangeneem word. Wil u ook diegene weerhou om te bid wat deur besorgdheid om hulle oorledenes, vir wie hulle sou wil help, gedryf word - waar hulle andersins nie sou bid nie? U sal twyfel saai in hulle harte, want `n ootmoedige mens is nie oortuig van sy rypheid nie, wat hom slegs die reg sou gee om vir hierdie siele te bid. En wie van u kan sê om al so vas geanker in die geloof te staan, dat slegs sy gebede van waarde is?

Die beoordeel van die waarde van `n gebed moet alleen aan My oorgelaat word, want Ek waardeer reeds die wil van elke siel om te help en waarlik, Ek sal elkeen wat bid behoed teen die mag van My teenstander. Slegs niksseggende mondgebede het geen waarde nie. Sulke bidders bevind hulleself nog steeds in die mag van My teenstander, anders sou hulle geloof meer lewend gewees het en hulle gebed sou uit die hart opgestyg het. Dus mag u nie waarsku teen gebede vir oorledenes nie, omdat dit verkeerd is om te dink dat iemand wat bid, homself in die mag van My teenstander begeef deur sy gebed. Slegs `n gebed wat met die mond uitgespreek word, kan nie deur My aangeneem word nie. En sulke gebede ontruk waarlik nie die siele aan My teenstander nie. Sulke bidders het sy wraak nie te vrees nie, omdat hy geen siele van hom afhandig maak nie.

Laat dit vir u gesê word; dat Ek slegs u denke wat verkeerd gelei was, wil verbeter, want van My kant af het so `n leerstelling nie tot u gekom nie, omdat dit die waarheid teenspreek wat Ek na die aarde toe gestuur het - sodat `n lig kan skyn in die duisternis wat My teenstander oor die aarde uitgesprei het. Waar slegs `n vonkie van liefde opgloei, daar kom die mens nader aan My, en slegs so `n liefdesvonk sal `n mens daartoe bring om vir die siele in die hiernamaals te bid. En so `n mens is ook nie ongelowig nie, anders sou hy elke verdere lewe na die dood verloën het en nooit `n gebed agter die siele aanstuur nie.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205