Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die kort fase van die aardse lewe beslis die lot in die hiernamaals

B.D.5877.-.15 Februarie 1954

U aardse bestaan as mens is een van die oneindig vele fases van u opwaartse ontwikkeling. Want ook wanneer u op aarde gereed sal wees om nou in die ligryk te kan ingaan, gaan u ontwikkeling tog nog steeds verder, omdat die siel wat tot insig gekom het, nooit sal ophou om verder op haar weg omhoog te gaan nie. Sy sal altyd na God strewe, omdat sy altyd trag om nader aan Hom te kom, om in volkome vereniging met Hom, onuitspreeklike salig te wees.

Die tyd as mens op aarde is daarom net `n kort oomblik, vergeleke met die ewigheid en gemeet aan die eindelose lang ontwikkelingsgang voorheen deur die materiële skepping. En tog is hierdie kort oomblik beslissend vir die lot van die siel en is beslissend vir die verdere ontwikkelingsgang in die geestelike ryk.

Want dit maak `n verskil of die siel reeds op aarde `n hoë graad van rypheid bereik het, of eers in die hiernamaals tot insig gekom het. Wel gaan die laasgenoemde ook opwaarts, maar met uiterste moeisame arbeid moet sy dit vir haarself verwerf wat haar op aarde ryklik ter beskikking gestaan het, en haar die bereiking van die graad van lig moontlik sou gemaak het.

Om die wilsbeproewing op die aarde te deurstaan, beteken `n toestand van lig en krag in oorvloed reeds by die ingaan in die ewigheid. Dit beteken: Steeds vermeerdering van lig en krag, omdat die siel van daardie uur af dat sy die aarde verlaat, as `n ontvanger van krag ook `n tussenpersoon is wat krag gee - en steeds meer en meer ontvang, hoe meer sy daarvan uitstraal.

Sy gaan nou ook uitermate vinnig omhoog, want sy sluit haarself aan by geeste met gelyke rypheid en werk nou volgens Goddelike wil en in Goddelike opdrag. Sy betrek alle kragte vanuit God en benut dit vir God, terwyl die siele wat op die aarde in hulle wilsbeproewing gefaal het, ook wel in die hiernamaals tot insig kan kom, maar eers met behulp van ander wesens. Hulle moet hulleself nou so omvorm dat dit ook in hulle lig word en hulle die ligstrale kan opneem - en dit nou gebruik volgens die wil van God.

Ook moet hierdie siele die toevoer van lig en krag in vrye wil verlang, want eers dan sal hulle ontvang. Dan eers begin hulle opwaartse ontwikkeling ook met die werksaamheid wat hulle weer verrig ten behoewe van die siele in duisternis; dit is in `n sekere sin `n moeisame gang, `n opstyging wat tree vir tree beklim moet word met inspanning van alle krag en algehele wil. Daar bly egter geen moeite onbeloon nie, want dit help die siel sekerlik verder. Maar omdat sy self nog baie swak is en oor weinig krag beskik, moet sy haar hele wil insit en veel steun ondervind van die kant van die ligwêreld - of deur menslike voorspraak. Tot sy self in soverre `n lig- en kragontvanger geword het, dat sy nou van haar kant kan uitdeel en nou ook steeds meer krag ontvang.

Die kort aardse lewe is beslissend vir die lot in die ewigheid. Want die binnegaan in die geestelike ryk kan al van `n hoogste saligheid wees wat nou nooit meer sal eindig nie, as die tyd op die aarde goed bestee was.

Maar die tyd kan ook onbenut bly en die gevolge daarvan moet die siel dra. Sy moet verder worstel en stry as sy nie wil ondergaan nie. Haar lewe in die geestelike ryk lyk nog in vele opsigte soos die worsteling op die aarde, maar dit is tog nie hopeloos wanneer die siel self die wil het om lig en krag te verwerf nie. Slegs haar wil is beslissend. - Is die wil reeds in die aardse lewe op God gerig, dan sal die siel die doel vasberade nastreef om nader aan Hom te kom, wat sy dan ook spoedig bereik.

Maar solank die wil nog van God afgewend is, beteken dit duisternis en swakheid vir haar. In hierdie toestand gaan die siel dan die hiernamaals in, terwyl die siel in die vorige geval deurstraal was van lig, en niks haar meer aan die aardse gebind het nie as slegs die liefde tot hulle wat sy verlaat het en vir wie sy nou haar hulp op elke wyse aanbied. Maar die ander het nog vir `n lang tyd hulp nodig, ofskoon hulle aan die aarde ontruk was. Hulle hou hulleself egter nog in die nabyheid van die aarde op, totdat hulle ook soveel lig en krag kan ontvang, om van hulle kant af nou werksaam te wees in die geestelike ryk.

En elke werk bestaan nou daarin om hulle wil te beïnvloed, wat hulle nog verkeerd gerig het, om hulle te bewaar vir dieselfde noodlot, naamlik `n moeilike gang opwaarts in die geestelike ryk, wat die gevolg is van `n verkeerd gerigte wil op aarde.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205