|
Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3 BERTHA DUDDE
Hoofstuk 27
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72. |
|
|
Die wil om te lewe – Die angs vir die dood
B.D.2776.-.16 Junie 1943
Die wil om te lewe is sterk ontwikkeld in die mens solank as wat die rypheid van sy siel nog minimaal is. Dit is ook begryplik, omdat die wêreld hom nog gevange hou en hom die vervulling van sy wense voortower. Om die aardse lewe op te gee, skyn die mens uitermate moeilik toe, solank die geloof aan `n voortlewe by hom ontbreek, want daardie geloof sou hom die hele aardse lewe anders laat bekyk. `n Diep gelowige mens beskou die aardse lewe slegs as `n tussenstasie, as `n skool wat hy moet deurmaak om opgeneem te word in die ryk - waar die eintlike lewe begin.
En hierdie geloof sal hom ook krag gee om alle hindernisse en probleme van die aardse lewe te oorwin, terwyl die ongelowige dikwels hieraan ten gronde gaan en selfmoord pleeg in die veronderstelling, om dit self vir goed te kan eindig. Wie `n sterk geloof het, sal onbekommerd sy lewe opgee as dit van hom geëis word, want sy aandag is gerig op die lewe na die dood van die liggaam. Sy verlange is op die vereniging met God gerig, omdat hy voel dat eers dit die ware lewe is.
Solank die mens aandag aan die aarde en haar goedere skenk, is sy strewe na Bo belemmerd. Hy begeer dan met al sy sinne die wêreld, en die gedagte om van hierdie wêreld te moet skei is vir hom ondraaglik en neerdrukkend. En daaruit kan sy geestesgesteldheid afgelei word, want die liefde tot die wêreld doen afbreuk aan die liefde tot God en die naaste. Dan is die mens nog onryp van gees, dit wil sê, sy siel het haarself nog nie verenig met die Gees wat in hom is nie. Hy het geen insig nie en weet nie hoe om hier iets beter teenoor die aardse lewe in die plek daarvan voor te stel nie.
Dan is elke gedagte aan die dood ook vir hom verskriklik, want hy wil lewe om te geniet. Hy begeer die goedere van die wêreld en slaan geen ag op geestelike rykdom nie. En die lae geestelike peil kan nie genoeg afgekeur word nie, want die mens is in die grootste gevaar om sy lewe te verloor, liggaamlik sowel as geestelik.
As hy die aardse lewe nie benut om kontak met God te maak nie, leef hy sy lewe tevergeefs. Daarom moet hy eerder sy aardse lewe opgee om nie onder te gaan in liefde tot die materie nie, wat gelyk staan met die geestelike dood. Want die aardse lewe is `n barmhartigheid, dit is aan die mens gegee tot `n hoër ontwikkeling van die siel en om die allesoorheersende materie te oorwin - om die geestelike ryk te kan binnegaan.
Solank die gedagte aan die liggaamlike dood vir die mens ondraaglik is, slaan hy geen ag op sy eintlike aardse opdrag nie. Die wil om te lewe is so sterk in hom, dat hy alles doen om daardie lewe te beskerm, om dit te verleng met die oortuiging dat dit self in sy hand lê, maar tog met `n gevoel van vrees om dit te vroeg te moet verloor. Eers wanneer hy rekening hou met die ryk hierna en glo aan `n voortlewe van die siel, begin die dood sy verskrikking te verloor. Want dan sien die mens eers dat sy aardse lewe maar `n voorstadium is van die eintlike lewe - wat ewig sal duur.
AMEN
|
|
|
|
|