Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 70

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Verlossende hulp vir siele in die hiernamaals, van die kant van die mense

B.D. 5178.-.25 Junie 1951

Daar worstel tallose siele in die hiernamaals om hoër op te kom, en hierdie siele bevind hulle in die uiterste nood. Hulle kragteloosheid maak dit vir hulle onmoontlik om omhoog te gaan, en die besef van hulle kragteloosheid kwel hulle oneindig omdat hulle nie weet hoe hulle dit kan ophef nie. Juis die gebrek aan kennis is hulle ongeluk, want volgens die wet van ewigheid kan slegs dit vir hulle gegee word, waartoe hulle wil toestem, en volgens hierdie wil word aan hulle gegee. Wil hulle lig ontvang, dan ontvang hulle dit ook, maar as hulle die weldaad van die lig nie ervaar het nie, voel hulle ook geen verlange na die lig nie.

Hulle ellendige toestand bestaan daarin dat hulle onophoudelik ly en die wil, om hulle toestand van lyding te verander, kan hulle nie opbring nie, as hulle tenminste nie hulle wil gebruik om op te staan teen God en hulle lot nie - en vreeslik te kere gaan in hulle omgewing nie.

Hierdie siele is reeds in `n helse toestand, omdat hulle voortdurend deur die kragte van die hel opgesweep word, en daardeur is daar vir hulle verandering en strewe omhoog, nog `n ondenkbare lang tyd nodig.

Maar ook die in geheel onverskilligheid versonke siele, sal ook vir `n eindelose lang tyd hulle ellendige lot moet verdra, as daar vir hulle nêrens hulp vandaan kom nie, aangesien hulle, vanweë die swakheid van hulle wil, nie hulleself self kan help nie.

Slegs die wesens wie se liefde hulle uit die duisternis sou wil verlos, kan hierdie hulp vir hulle bring. Dit is mense op aarde, of ook wesens in die hiernamaals, wat reeds in die lig staan, of ook al `n hoër graad van insig besit, en wat hulleself in staat stel om hulp te bied. Ontelbare siele is nou in hierdie nood oor wie hierdie mense hulleself sou moet ontferm, maar juis van die kant van die mense af, is daar vir hierdie siele weinig hulp - omdat die mense nie meer glo aan `n voortlewe van die siel na die dood nie.

Vir die mense sou `n groot arbeidsveld ter beskikking op geestelik gebied gestaan het, as hulle hulleself oor die noodlydende siele in die hiernamaals sou wou ontferm en hulle wou help om uit die diepte omhoog te kom. En die hulp vanaf die siele in die hiernamaals sou die mense self weer ten goede gekom het, wanneer hulle hulleself in liggaamlike of geestelike nood sou bevind. Maar die mense dra baie weinig by tot hierdie verlossingswerk en laat daardeur ook hulle geliefdes in die hiernamaals, oor wie hulle hulleself tog in die besonder moes ontferm het - in groot nood.

Daarom word dit met besondere vreugde begroet, wanneer mense op die aarde saamkom, wat hierdie wil om te verlos, in hulleself dra en `n lig wil ontsteek vir baie siele in die duisternis. Daarom neem die ligwesens ook deel aan die verlossingswerk in soverre, dat hulle ook vertoef waar daar liefdevol aan die ongelukkige siele in die hiernamaals gedink word. En hulle hulpverlening is duidelik te sien, deurdat hulle hulleself beskermend teenoor die mense op aarde stel, as die opdringing van duistere geeste dreig om die werk van verlossing in gevaar te stel.

Die siele in die hiernamaals, sowel as die mense op die aarde, het hulle beskermgeeste wat, na gelang van die wil van hulle ingryping, daar is as daar gevaar dreig. En waar die mense verlossend werksaam wil wees, sal die vyand altyd loer en hy sal probeer om verwarring te stig waar opheldering gebied sal word aan hulle wat in die duisternis is.

Maar hy sal dit nie kan verhinder dat die strale van die lig, die van die liefdeswil om te verlos, uitgaan om die siele van die duisternis te beroer nie, wat hulle as `n weldaad ervaar en mekaar daar sal ontmoet waar mense saam is wat hulle wil help - en hierdie wil sal geseënd wees. Want die siel wat eenmaal binne die bereik van `n ligstraal van liefde gekom het, val nimmermeer in die diepte terug nie. Sy soek die lig en sal dit ook vind, omdat vir elke siel gegee word wat sy begeer.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205