Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 40

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Doel van die voortydige sterwe

B.D.3258.-.16 September 1944

Voortdurend word die vergaan van aardse sake vir die mense voor oë gehou, en steeds word hulle gekonfronteer met die dood - wanneer tallose mense voortydig sterf. Hulle staan magteloos teenoor die gebeurtenisse wat leed en ellende oor die mense bring. Maar hulle verander nie hulle ingesteldheid nie, en Hulle dink ook nie oor die eintlike oorsaak van die lyding en die vervroegde sterwe van mense na nie.

Daarom neem die leed steeds smartlike vorme aan. Die mensdom sal die komende wêreldgebeure vol ontsetting te voet volg, en verstyf van skrik oor die grootte van die rampspoed wat oor hulle uitbreek, maar hulle wil dit nie anders nie en tog kom die mense heeltemal nie onder die indruk van die ellende van die tyd nie - en trek geen voordeel vir hulle siel daaruit nie.

En daarom gebruik God die sterkste middele om hulle wakker te skud uit hulle letargie. Want of die mense liggaamlik ly of ook deur wêreldse sake, hulle siele bly onaangeroerd daardeur. Hulle bly onverskillig teenoor die slae van die lot waar hulle andersins sou probeer om hulleself te verander, vanuit die besef dat hulle geestelike houding die aanleiding is van die vergrote leed op aarde.

Daarom moet ook soveel mense vroegtydig uit die lewe skei, omdat `n langer lewensverblyf hulle siele eerder tot nadeel as tot voordeel sou wees. Hulle sou hulle geloof heeltemal verloor en nog maar net aan hulle aardse bestaan dink.

Daarom laat God dit ook toe dat tallose mense die liggaamlike lewe so verloor, ondanks hulle gebrekkige staat van voltooiing, om `n wegkwyn te verhinder; om hulle nog die moontlikheid te gee om in die hiernamaals tot voltooiing te kom, want die toestand op aarde bly nie vir hulle verborge nie, en hulle kan die verdere verloop ook volg en tot die insig kom dat die mense self skuldig is aan die groot aardse leed, deur die verwaarlosing van hulle sieleheil, deur ongelowigheid, deur `n verkeerde lewenswandel en deur liefdelose denke.

Ook kan die mense vir God reeds vroegtydig oproep van die aarde en in die aangesig van die dood nog tot insig kom, hulle kan hulleself nog innig met God verbind, hulle kan nog deur groot verdriet gelouter word, en dan sal dit vir hulle `n verhoogde graad van rypheid tot gevolg hê, wat `n langer lewe op aarde hulle nie sou opgelewer het nie. In daardie geval is `n vervroegde sterwe vir hulle tot seën.

En hoe groot die lyding op aarde ookal is, dit is maar net `n middel om siele te wen, maar word deur weinig mense as sodanig ingesien. Die grootte van die nood moet hulle die weg tot God laat vind, wat elke nood kan verban en ook sal verban, as die mens Sy hulp gelowig verwag. 

Waar hierdie groot nood egter ook sonder resultaat bly, waar die mense Hom vergeet en daardeur in die grootste gevaar verkeer deur totaal op die afgrond af te stuur, daar beëindig God so menige aardse lewens en Hy laat onmenslik skynend leed toe. Want Hy dink steeds aan die siel van die mense en probeer haar te red, ofskoon die liggaam daarby vergaan. Want niks is verkeerd wat Hy doen nie, maar alles is goed en tot seën vir die siel van die mens.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205