Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die lot van die siel na die dood van die liggaam

B.D.7490.-.30 Desember 1959

Na u dood betree u `n heeltemal ander wêreld as wat hierdie aarde is. Maar uself het op aarde die moontlikheid om die wêreld vir uself te vorm, sodat u gelukkig sal wees daarin en u haar graag sal inruil vir die lewe op hierdie aarde. Want u kan vir uself `n ryk van lig en saligheid verwerf, as u lewenswandel op aarde in ooreenstemming is daarmee.

Wanneer u ywerig aan u siel sal arbei en u rykdomme versamel vir die geestelike ryk, sal die wêreld wat u betree, vir u waarlik `n ryk van saligheid wees. U sal nie kan ophou om te jubel en om u te verwonder nie, en nimmermeer sou u na die aarde wil terugkeer nie - as dit uiteindelik moontlik sou gewees het.

U skep dus vir uself die wêreld wat u opneem na u liggaamlike dood, daarom moet u u lewe op hierdie aarde voortsit, ook bewus van u verantwoording. Want u kan net so goed `n ryk binnegaan wat duister of woes is, waarin u ongelukkig sal voel en wat u tog nie na wense kan verlaat nie, omdat dit die ryk is wat u vrye wil nagestreef het solank as wat u op die aarde gewoon het. Dit was eweneens u eie saak, dit was u eie wil, want u lewenswandel op aarde was so dat dit u geen ander lot in die geestelike ryk kon besorg nie as ellende en gebondenheid in duisternis en swakheid.

In elke geval betree u `n ander wêreld, `n ryk wat geestelik is, waar u alle aardse goedere verloor het, waar u slegs dit aantref wat u geestelik op aarde verwerf het. En daarom is dit `n vreeslike toestand vir die siele wat vir hulleself heeltemal geen geestelike besittings verwerf het nie. Wat hulleself maar net oor aardse goedere bekommer het en daardeur heeltemal arm die ryk hierna ingaan, waar dit nou buitengewoon moeilik is om geestelike goedere te verkry, hoewel dit ook nie onmoontlik is nie.

Want die wêreld waarin hulle dan bly, is van so `n aard, dat dit in ooreenstemming is met die toestand van hulle siel. Dit kan vir die siel `n onophoudelike dwaal deur woeste, dorre plekke beteken, waar sy nie die geringste aantref om die honger, wat sulke siele gedurig kwel, te stil nie, en dit alleen verlig kan word deur gawes van liefde en deur toevoer van krag - wat deur liefdevolle voorspraak vir sulke siele verkry word. Daarom is die siel al salig te noem wat, oor die graf heen, deur goeie gedagtes gevolg word en wat op die aarde goeie werk gedoen het - wat haar nou volg in die ewigheid in.

Maar arm en behoeftig is die siele wat op aarde self geen liefde verwerf het by hulle medemense nie, die wat deur meer kwade gedagtes gevolg word en wat onder die gedagtes veel meer te ly het as wat u mense op aarde dit kan voorstel.

Daarom, stuur alle gestorwenes steeds goeie gedagtes agterna in die ewigheid, erbarm u oor hulle en help hulle sodat hulle uit die eerste duisternis `n uitweg vind. Laat hulle nie alleen nie, maar dink dikwels aan hulle; dit sal hulle goed doen en dit sal hulle as `n toevoer van krag ervaar, as `n stootjie op die weg na Bo - wat hulle maar net kan opgaan as hulle die hulp gegee word.

Die siel skep vir haarself haar eie lot, wat vir haar daar wag in die ryk hierna en u moet al op aarde daarvoor sorg dat dit `n aangename gelukkige lot is. U moet vir uself derhalwe geestelike rykdomme verwerf en sonder ophou werke van liefde verrig, want dit sal u steeds begelei deur die hele ewigheid en vir u `n geestelike rykdom skep waarmee u vir u eie geluk en die van andere siele kan arbei; waarmee u altyd u saligheid kan verhoog en andere siele krag kan laat toekom, sodat hulle ook hulle skrede opwaarts sal rig en eens salig kan word. Al sal hierdie gang na Bo veel krag en moeite van hulle eis, tog is die met goeie wil vir hulle moontlik om Bo aan te kom, as hulle maar hulp kan vind by hulle geestelike vriende en by die mense op aarde wat biddend ten gunste van sulke siele altyd aan hulle dink.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205