|
Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3 BERTHA DUDDE
Hoofstuk 18
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72. |
|
|
Die weersien in die hiernamaals. Graad van voltooiing
B.D.5365.-.15 April 1952
Dit is `n ongelooflike salige oomblik wanneer die siel van die aarde skei, en ingaan in die ligryk. In sfere waarin daar niks meer is nie, behalwe dat die siel deur `n golf van saligmakende lig omvou word. Waar oorskone wesens haar benader en haar `n mate van liefde betoon wat haar byna oorweldig. Die liguitstralings is by haar graad van rypheid aangepas, dus steeds in die mate wat haar wel onvoorstelbaar gelukkig stem, maar die siel nie verteer nie, wat `n oormaat aan lig wat die siel nog nie in staat is om op te neem nie, wel sou kon doen.
In die oneindige verte sien sy die wonderbaarlikste skeppings, want haar geestelik oog is nou geskik om geestelike skeppings te kan aanskou, wat nie meer stoflik is nie, maar tog net so werklik aan haar vertoon en dus geen selfbedrog is nie.
En te midde van hierdie skoonheid wat haar oog aanskou, vind sy haar geliefdes wat haar voorafgegaan het in die graad van rypheid, sodat die ligryk hulle kon opgeneem het.
Vir mense is die saligheid van so `n weersien ondenkbaar, maar in die geestelike ryk is die siel in staat om diepere indrukke in haarself op te neem, sonder om te vergaan. En sy ervaar bewustelik die saligheid wat God vir haar berei het, en sing Hom in haar hart lof en dank toe, net wanneer sy trouens, as die ligryk haar vaderland geword het, in liefde ontbrand tot die Vader, Wie al hierdie salighede vir haar berei het.
Die samewerking van siele met dieselfde graad van rypheid, verhoog haar krag en haar wil tot werksaamheid. Hierdie rig sy nou op die siele wat nog ver onder haar staan, om hulle te help om dieselfde saligheid te bereik. En sy neem hulle nou in erbarmende liefde aan, wat op aarde naby aan haar staan en wat nog in laer sfere vertoef; die wat op aarde deur ongeloof en liefdeloosheid in hulle geestelike ontwikkeling agtergebly het en daarom in die hiernamaals nog ongelukkig in duisternis of in skemerlig vertoef.
Sy self herken hierdie siele goed en sy kan hulle ook nader en haar hulp vir hulle aanbied, maar sy word self nie deur hierdie siele herken nie en daarom word haar hulp ook dikwels afgewys. Maar die liefde en die geduld van `n ligsiel doen onophoudelik moeite vir hierdie siele en oefen ook eens invloed oor hulle uit.
Haar eie saligheid wat sy vanuit die voortdurende liefde uitstraling van God ontvang, die onvergelykbare skeppingswerke in die ligryk en die samewerking met wesens met wie sy in gelukkig makende liefde verbind is, gee haar gedurig nuwe krag om verlossend werksaam te wees. Self vind sy haar geluk daarin: Om te gee wat sy self ontvang het. Steeds word haar verlange na God vervul en sy kan nie anders as dat sy eweneens gelukkig wil maak nie.
Om die heerlikheid van die ligryk aan die mense op hierdie aarde te beskryf is onmoontlik, omdat net `n voltooide siel die volheid van lig kan verdra en daardeur ook die saligheid kan begryp, waarvan die nog onvolkome mens geen begrip het nie. Een ding moet en kan hy glo, dat daar `n weersien is in die ryk hierna. Dat die dood nie die einde is van die eintlike lewe van die siel nie en dat hierdie siele mekaar herken, as `n bepaalde graad van rypheid bereik is, wat baie siele egter nog nie besit nie.
En daarom kan dit vir baie siele lank duur, voordat hulle die geluk ervaar om te verenig met hulle geliefdes. Maar die verlange daarna is dikwels `n rede om opwaarts te strewe. Die liefdeskrag van die siele is voortdurend besig om siele uit die diepte te verlos en hulle te help om salig te word, hulle te help om die ryk binne te gaan waar stralende lig hulle omring, waar hulle God kan aanskou en waar alle nood ten einde is.
AMEN
|
|
|
|
|