Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 63

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

God se woord word as `n stroom van krag ervaar deur die siele in die hiernamaals

B.D. 5745.-. 12 Augustus 1953

Deur die verbinding met die geestelike ryk word `n onafgebroke kragstroom in beweging gesit, en hierdie kragstroom het oral sy uitwerking waar dieselfde strewe na bo weer herkenbaar is. Maar ook daar waar die mens nog nie bewustelik sy weg soek nie, maar tog ook geen weerstand bied nie, is die werking van die krag sigbaar. Want hierdie mens begin homself te open en op te let en hy gaan dan alles na, wat met die geestelike ryk in verband sou kan staan - om nou `n oordeel vir homself te vorm.

Glo dit, My dienare op aarde, u gaan nie ongemerk by u medemense verby nie. Glo dat u handeling en praat die aandag trek en dat dit reeds `n uitwerking is van die kragstraling wat u in beweging sit. Dit is net, dat hierdie werking, omdat dit `n geestelike beweegrede het, juis ook net geestelik waargeneem kan word. Dit sal tot uitdrukking kom in die gedagte van die medemense wat wel nie vir u sigbaar is nie, maar tog die aanleiding kan wees tot `n innerlike verandering van die mens. En as dit nie die mense op aarde is wat uit die strome van krag voordeel trek nie, dan is dit tog die siele in die hiernamaals vir wie geen gedagte verborge bly nie, sodra hulle maar ervarings wil opdoen by u - wie die weg gaan volgens My wil.

Elke toevloei van krag, wat deur gebed of werke van liefde, deur die deurgee van My woord op aarde, of die voorlees van hierdie Woord, vir hierdie siele sigbaar is as `n ligstraal, word deur hulle as `n weldaad aangevoel - sodra hulle bereid is om dit aan te neem. En daarom is u steeds deur sulke siele omring wat graag krag vir hulleself wil verskaf vanaf u.

Wel sou u medemense hulleself eweneens krag kan verskaf in oorvloed, as hulle u wil aanhoor en so deelagtig sou word aan die barmhartigheidskrag van My woord. Maar hulle wil is nog nie uitsluitlik gerig op die wen van geestelike rykdom nie, omdat hulle nog te veel aandag aan die wêreld skenk, terwyl die siele in die hiernamaals slegs dit as krag, as weldaad ervaar, wat vir hulle deur u aangebied word. Want die kragstroom in die hiernamaals, wat hulle deur ligwesens toegestuur word, sien hulle eers dan as sodanig, wanneer hulle die eerste insig verkry het, wanneer hulle met u hulp uit die ryk van die duisternis of die skemering - die poort tot die lig gevind het. Dit gebeur omdat hulle hulleself nog te veel in die nabyheid van die aarde ophou, en daarom ook makliker vanuit die aarde beïnvloed kan word - as deur die wesens van die lig. Hulle staan egter reeds as helpers agter hulle en maak hulle die begrip van wat hulle deur u aangebied word makliker.

Steeds egter staan sy in die stroomkring van die Goddelike krag. Steeds word sy deur My liefdeskrag aangeraak en Ek bespeur haar werking. Maar Ekself kan geen direkte invloed uitoefen solank sy nog haar weerstand volhou nie, solank sy nog in die gebied van die duisternis vertoef, waaruit u haar egter kan bevry deur liefdevolle voorligting, deur voorspraak en deur beïnvloeding deur middel van gedagtes.

Alle goeie gedagtes laat hulleself ervaar as krag, op aarde sowel as in die geestelike ryk. En daarom moet u ook u medemense slegs goeie gedagtes toestuur, dan sal u ook die krag aan hulle besorg wat hulle kon ontbreek het om tot `n innerlike ommekeer te kom. Want al die goeie denke, wil en handel het `n verlossende uitwerking, want dit is die krag wat nooit sonder resultaat bly nie.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205