Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 45

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die opwekking van die dooies deur God se woord

B.D. 5605.-.18 Februarie 1953

U moet die dooies tot lewe wek. Uit die diepte sal u die lewelose omhoog bring en weer lewe inblaas, u moet hulle met krag aanraak wat hulle lewend sal maak. Hierdie krag is My woord wat uit die Hoogtes tot u kom, wat Ekself aan u laat toekom, sodat u dit as tussenpersoon kan deurgee, sodat My krag ook hulle beroer van wie die gees nog dood is.

U besit iets kosbaar, `n gawe wat wonderwerking het. U besit geestelike krag en daarmee kan u die dooies tot lewe wek. Dog soos u dit van die Ewige Liefde ontvang, so moet u My woord ook in liefde deurgee. Die wil om te help moet u aanspoor, om dit uit te deel wat u ook tot lewe gewek het, dan sal u steeds sukses hê en seënryk kan werk op aarde en ook in die geestelike ryk. 

Oral is groot duisternis en in hierdie duisternis vertoef tallose geestelik dooie siele. Lewe beteken egter lig. Die siel kan egter slegs ontwaak tot lewe, as sy aangeraak word deur `n ligstraal wat die warmte van die liefde uitstraal, en dus stimulerend inwerk op die verstarde siel. `n Lig van liefde moet hierdie dooie siele beroer, dan sal hulle sekerlik tot lewe ontwaak.

En hierdie liefde - en ligstraal moet u aan hulle bring, terwyl u My woord aan hulle skenk, wat hulle bomatig weldadig sal aandoen, sodra dit vir hulle in liefde aangebied word. Dit is `n geneeskragtige lewenswater wat u onafgebroke deur My liefde en barmhartigheid toevloei. U siele word daardeur gesond en sal die ware lewe vind en daarom hoef u nie meer die dood van die siel te vrees nie.

Maar die vele siele wat in hulle grafte lê, wat hulleself weliswaar, volgens hulle idee, nog op aarde bevind en tog geestelik dood is en in `n beklemmende duisternis - hierdie siele omring u en u moet hulle hulp bied. U moet hulle ophelp uit die nag van die dood tot die lig van die lewe, want u het `n doeltreffende middel. U het die enigste middel wat hulle kan help, My woord, die krag - en liguitstraling van Myself wat nooit sonder uitwerking bly nie - as hulle die siele maar kan beroer.

Solank My woord nie verder deurdring as net tot die oor van die mense nie, raak dit die siel nog nie, want slegs sy is vir die werking van My woord ontvanklik. Maar slegs die liefde open die deur, sodat Ekself met My krag van liefde die siel kan aanraak. En u liefde open vir My die deur as u u beste doen om hierdie dooie siele hulp te bied en u hulle My woord in liefde verkondig.

Bedink welke mag aan u gegee is: U kan dooies tot lewe opwek met My woord, en as slegs die liefde u daartoe aanspoor om My woord te verbrei, sal Ek u pogings seën. Dra lig in die duisternis, waar dit ookal mag wees. Neem almal wat geestelik dood is aan en dink aan die dooie medemense asook aan die dooies in die hiernamaals. Wil dat hulle ten lewe ontwaak en bring hulle My woord in liefde, en die krag van My woord sal wonders verrig. Die siele sal ontwaak tot lewe en die lig sien, en hulle sal die lewe nimmermeer verloor nie.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205