Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 64

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die krag van die voorspraak

B.D.5161.-.30 Junie 1951

Die krag van voorspraak vir die oorledenes moet u aan al diegene verskaf wat van u heengegaan het, onverskillig in welke graad van rypheid u meen hulle is. Want hulle het almal nog krag nodig en is dankbaar vir elke hulp. Dit is `n blymakende besef, om siele uit die diepte opwaarts te gehelp het, en u sal dit eers as waarheid besef, wanneer u self in die ryk hierna aangeland het en die nood sien waarin baie siele smag. En wel, omdat daar nie vir hulle gebid word nie, omdat hulle geen mense op aarde het wat hulle in liefde gedenk nie en hulle die krag laat toekom wat hulle nodig het om opwaarts te gaan.

So gou die siele maar eenmaal die krag van die liefde ondervind het en hierdie krag benut, werk hulle met `n enorme ywer. Maar die eerste aansporing moet vir hulle gegee word deur liefdevolle voorspraak van die kant van die mense, omdat dit hulle eerste beroer en hulle denkrigting verander. Hierdie voorspraak moet egter bewustelik gedoen word, dit wil sê, met die bedoeling om die siele te help in hulle opwaartse ontwikkeling.

U mense moet weet dat u voorspraak waarde het, en u moet uself nou met die nood van hulle wat gesterf het vertroud maak - en uit `n liefhebbende hart `n gebed opstuur vir `n gawe van krag vir hierdie siele. En hulle sal dan sekerlik van hierdie gawe gewaarword en ook die liefde wat na hulle uitgaan, dankbaar ervaar. En dit bring hulle daartoe om netso lief te hê, wat nou op hulle omgewing uitstraal en as `n swak lig sy uitwerking het sodat alle siele weldadig aangeraak word.

U mense sou so buitengewoon aktief kan meewerk as u maar die wil gehad het om leed en nood te versag. Want hierdie wil spoor u aan tot gebed wat uit die hart kom, en alleen dit het verlossende krag. Alles wat u doen moet u bewustelik doen. Nie as uiterlike vorm of lippegebed nie, want dit het geen uitwerking nie, omdat die oortuigde se bereidwilligheid nie aktief is nie. Slegs die liefde verlos, dit moet steeds weer vir u gesê word. Met die liefde bereik u onvoorstelbaar baie. U kan deur liefderike voorspraak soveel stralende lig in die duisternis inbring, dat daar baie siele sal saamkom en deur hierdie ligstraal aangeraak word, steeds met die gevolg, dat `n gevoel van liefde in hulle ontwaak en hulle werksaam wil wees.

Liefdevolle voorspraak is `n enorme kragstroom wat sy uitwerking nooit sal mis nie. Sluit al u geliefdes in hierdie voorbede in, roep hulle in gedagte na u toe en vertel hulle dat u hulle wil help, en dat hulle u hulp stil en sonder weerstand moet aanneem. Onderrig hulle in gedagte dat hulle ook opwaarts kan gaan, as hulle die krag wil gebruik wat u hulle deur u voorspraak laat toekom. En wys hulle steeds op Jesus Christus. Slegs Eén kan hulle verlos, en hierdie Ene is slegs deur die liefde te wen. Daarom, vertel hulle dat hulle met die krag wat aan hulle gegee is, weer andere siele moet help wat netso in groot nood is. Dat hierdie liefdewerk aan die siele gedoen hulle steeds nader sal bring aan Jesus Christus, wie dan almal na Homself toe sal trek in die grootste erbarming en hulle sal binne voer in die ryk van die lig.

AS u `n siel gehelp het tot die ware gebruik van die krag wat sy ontvang het, dan is haar opstyg verseker. Dan sal die swakheid van wil en die kragteloosheid verdwyn en sy gaan dan ywerig opwaarts en trek talryke siele saam met haar omhoog, omdat sy haar insig nou ook aan andere oordra - en so het `n enkele voorbede `n onverwagte seën tot gevolge.

U mense op die aarde, onderskat nie die krag van die voorspraak nie, maar dink steeds daaraan dat dit uit `n liefhebbende hart moet kom, om werklik kraggewend te wees. En sluit al u geliefdes in, want hulle het nog almal krag nodig en sal u ewig daarvoor dank - as u hulle nog swakke krag sal vergroot en in liefde aan hulle sal dink.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205