Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die geloof aan die onsterflikheid van die siel

B.D.3699 – 27 Februarie 1946

Die liggaamlike dood is nie die einde van die siel nie. Hierdie insig, die geloof daaraan, ontbreek die mense en daarom benut hulle hierdie aardse lewe nie volgens My wil nie. Hulle skep in `n sekere sin slegs orde vir hulle liggaam, maar nie vir hulle siel nie. Hulle handel onverantwoordelik ten opsigte van hulle siel, omdat hulle nie van haar bestaan en van haar onsterflikheid oortuig is nie.

Daarom moet die onsterflikheid van die siel eers aan hulle voorgehou word, as u sukses wil hê met u pogings om hulle tot `n andere lewenswandel te bring. En die geloof daaraan vra ook `n eie nadenke, en hiervoor word hulle eie wil vereis en kan nie deur dwang bereik word nie. Die onsterflikheid van die siel sal ook die betekenis en die doel van die lewe op aarde begryplik maak en dan eers is daar die moontlikheid dat die mens verander, as hy insien dat die lewe van die siel belangriker is as die lewe van die liggaam.

Daar is twee groot gevare waarin die mensdom verkeer, naamlik die ongeloof aan die siel en haar onsterflikheid - en die dwaalleringe wat die geestelike vooruitgang belemmer van die wat aan die onsterflikheid van die siel glo, omdat dit hom `n vals beeld van die EWIGE GODHEID gee en omdat die mense dan meestal hierdie een versuim: Om die innige verbinding met My tot stand te bring, óf in gedagte, óf deur die ware gebed. Slegs dit is `n waarborg vir geestelike vooruitgang, omdat EKSELF dan sal kan inwerk.

Daarom geld as die belangrikste werk van My dienare op aarde, die uitroei van dwaalleringe en die opwek van `n geloof in `n voortlewe na die dood. En die mense sal na My dienare moet luister, as hulle nog sukses wil hê in die kort tydjie op aarde wat nog vir hulle oorbly voor die einde. Hulle sal slegs waarheidsgetroue opheldering daar kan verkry, waar dit vanuit die Hemel aangebied word.

Hulle sal oor die lewe van die siel na die dood, asook oor die leer van Christus dadelik of ook indirek deur My onderrig kan word. Dan kan hulle geloof egter ook `n oortuigde geloof word, wat teen alle teen­kanting sal standhou, wat geestelike vooruitgang verseker en die siel `n ewige lewe in saligheid oplewer. Maar in die ander geval is die lot van die siel onsalig, omdat sy nooit as te nimmer ophou bestaan nie, egter ewig in `n staat is wat sy vir haarself self geskep het, deur haar eie wil, deur haar ongeloof en `n lewenswandel wat teenoorgesteld was aan My wil. Wie vas aan die onsterflikheid van die siel glo, sal ook vroeër met die arbeid aan sy siel begin. Maar lou en traag, of heeltemal nie by magte en onverskillig daartoe, bly die mens wat glo dat sy lewe met die dood geëindig het.

U, My dienare, kan nie ernstig genoeg daarop gewys word nie dat die siel voortleef, alhoewel u dit nie aan die mense kan bewys nie. Maar deur ernstig daaroor na te dink, kan die mens ook in homself tot die oortuiging kom dat u die waarheid praat, omdat Ek hulle Self help om `n ware insig te verkry wanneer hulle dit ernstig wil - en sal u nie sonder aanhoring afwys nie.

Die aardse lewe kry `n algehele ander betekenis vir die gelowige, want hy bekyk dit dan nie meer as `n doel op sigself nie, maar slegs as middel tot die doel. Hy beskou dan sy lewenswandel en probeer dan dit, wat afhanklik van sy wilskrag is, te verbeter. En sodra die suiwere waarheid hom toekom, word sy geloof ook versterk, terwyl dwaalleringe hom maar net ontwrig en die mens in die duisternis laat afgly.

En daarom moet die waarheid verbrei word, om die lewe aan die siele te bring, want dwaling en leuens is die dood van die siel in die geestelike ryk, wat egter vir die siel self geen vergaan beteken nie, maar `n volledige kragteloosheid, en daarom `n toestand van uiterste ellende is, wat Ek vir elke siel sou wil voorkom. Daarom sal Ek ook steeds weer My bodes aan haar stuur, wat hulp aan haar moet bring, alvorens dit te laat is.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205