Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die lot in die hiernamaals beantwoord aan die denke en strewe op aarde

B.D.6054.-.16 September 1954

Soos wat u denke en strewe op hierdie aarde is, so sal ook u lot na u liggaamlike dood in die ryk hierna wees. Soek u die lig en die waarheid op hierdie aarde, dan sal die lig u ook daar verwag. Het u egter die voorkeur aan die duisternis gegee, omdat die aardse stof u oë verblind het, dan is u verblyf daar ook in `n donker omgewing, in `n sfeer waarin u ongelukkig sal voel omdat die lig u ontbreek. Maar u sal die loon kry wat u begeer het.

Hier op aarde word u voortdurend in kontak gebring met die lig en word die weg tot die ewige lewe helder en duidelik vir u beskyn, sodat u dit slegs hoef te neem om sodoende na u liggaamlike dood in die ryk van die lig aan te kom. Wanneer u egter die lig ontvlug, wanneer u op donker weë gaan, kan u ook maar net in donker gebiede beland.

U mense hou uself tog so weinig besig met dit wat na u dood met u sal gebeur. U gooi hierdie gedagtes, wanneer hulle in u opkom, van u af en rig u oë steeds weer op die wêreld en op die materie daarvan. Aangesien hulle egter verganklik is, kan u niks daarvan saamneem in die ryk hierna nie. En as stoflike goedere u enigste rykdom is op aarde, kom u arm en naak in die ryk hierna aan.

Waarom versamel u geen besittings op die aarde wat blywend bestaan nie, wat u kan begelei op die weg in die ryk hierna? Waarom is u maar net begerig na die verganklike goedere van hierdie wêreld? Steeds weer word die resultaat van u lewenswandel vir u onder oë gebring, u word opmerksaam gemaak op u toestand na u sterwe op hierdie aarde. U skenk heel weinig aandag aan waarskuwings en vermanings, u leef sonder las van u gewete van die een dag na die ander en tog kan u môre reeds opgeroep word om u laaste gang te moet gaan. En dan ontvang u wat u nagestreef het op aarde, lig of duisternis.

Daar kan niks anders vir u gegee word nie, as wat u self deur u aardse lewenswandel verwerf het. Maar solank u op aarde leef, dink aan die tyd na u dood, dink aan u siel wat onverganklik is en ook aan die lot in die hiernamaals dat u haar op aarde berei. Streef op aarde na die lig en besorg u siel die saligheid in die geestelike ryk.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205