Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 46

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Gebed vir arme siele

B.D. 4305.-.19 Mei 1948

Die siele wat hulleself in die duisternis bevind, ly onuitspreeklik. Hulle krag is gebreek, hulle is in `n toestand van uiterste hopeloosheid, solank hulle die kennis ontbreek oor die krag van die liefde wat hulle lot kan verlig. Hulle dwaal herwaarts en derwaarts en hulle wil is ook heeltemal apaties, en so bly hulle `n onnoemlike lange tyd in hulle toestand vol kwelling, as hulle geen hulp ontvang deur gebed nie.

U mense op aarde kan hulle hierdie hulp verleen as u in liefde aan hierdie arme siele dink en hulle lot sou wil verlig. Maar slegs die liefde gee hulle krag. `n Gebed sonder liefde is waardeloos, dit is slegs `n vorm sonder uitwerking. Alleen die graad van liefde is maatgewend welke krag hulle daardeur toegestuur word.

En so moet u vir uself die lot van hierdie arme siele voor oë hou en weet, dat hulle u dringend smeek vir die stuur van krag - sodra hulle eenmaal die krag van die liefde ondervind het. Hulle is op u hulp aangewese, solank as wat hulle nog in die diepte vertoef, solank as wat hulle nie self deur hulle kennis die krag in hulleself vergroot nie, wat dan `n werk in liefde in die hiernamaals vir andere noodlydende siele beteken.

Elke goeie gedagte wat hulle uit medelye toegestuur word, het `n verligtende uitwerking op die siele, hulle voel dit en bly dan steeds in u nabyheid. Hulle smeek u terwyl hulle hulleself in u gedagte indring, om hulle met u liefhebbende voorspraak te gedenk. Vergeet hulle nie, keer u gedagtes nie van hulle af nie, skenk hulle `n liefdevolle gebed en help hulle om daardeur opwaarts te gaan. Verlig hulle kwellings en bewys hulle voor alles die krag van die liefde sodat ook in hulle die liefde tot die noodlydende siele ontwaak en hulle, deur werke van liefde aan hulle, hulleself nou uit hierdie nood kan bevry.

Hulle omgewing is in ooreenstemming met hulle siele se toestand, sonder lig en woes. En as `n gebed vir hierdie siele opstyg tot God, ontstaan daar `n floue skemertoestand waarin die siel `n glimp van insig kry, wat haar na `n voortdurende duisternis uiters weldadig aandoen. Die mate van liefde in die voorspraak bepaal die helderheid van die lig wat in die donkerte binnestraal. En die siel wend haarself na daardie ligskynsel toe deurdat sy steeds weer nuwe strale verwag en daarvoor vra.

Vervul hulle smekinge, laat hulle nie alleen in hulle nood nie, gee hulle die hulp wat u hulle nog kan gee. Bring hulle die evangelie deur middel van gedagtes. Vermaan hulle dat ook hulle in liefde hulle omgewing moet gedenk. Dat ook hulle hulleself moet help om in die seën van `n liguitstraling te beland, deurdat hulle dit wat hulle van u ontvang het, weer sal deurgee.

U kan onnoemlike veel nood deur u gebed versag. U kan meewerk aan die verlossing van hierdie siele deur u gebed, want die krag wat op hulle gerig word, het invloed op hulle wil - wat nou weer op die regte wyse werksaam word. Die siel benut die krag wat na haar toe kom om te werk in liefde vir andere noodlydende siele, en nou begin haar weg opwaarts, wat sy u ewig voor sal dank.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205