|
Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3 BERTHA DUDDE
Hoofstuk 42
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72. |
|
|
Onverganklikheid - Ewigheid – Selfmoord
B.D.974.-.21 Junie 1939
Die probleem van die onverganklikheid, die begrip van ewigheid, kan nie deur die mens opgelos word nie. Hy kan nie met sy menslike verstand begryp wat bo die aardse begrip uitgaan nie. Andersyds is daar ook geen geestelike verklaring vir hom te gee wat toereikend sou wees vir die begryp daarvan nie. Slegs die binnegaan in ligsfere gee die wese `n gedeeltelike opheldering, en dit bly selfs dan nog `n probleem vir hom wat, soos die Ewige Godheid, - nooit heeltemal opgelos kan word nie. Want dit moet vooropgestel word om die navolgende begryplik te maak, in tye van geestelike nood is die mense geneig om te glo dat hulle na wense `n einde aan hulle lewe - en daarmee `n einde aan hulle bestaan, kan maak, hulle glo net dat hulle `n beperkte tyd bestaan en is dus ook geregtig en bevoeg om hierdie lewe te verkort.
By hulle daar ontbreek eenvoudig die begrip van onverganklikheid, onbegrensde tyd en ewigheid. Dat hulle nooit ophou bestaan nie, is vir hulle onbewysbaar, maar hulle vind die gedagte dat die lewe eens ten einde sal loop, veel aangenamer. Wel het die mens nou en dan `n gevoel van onbehaaglikheid oor die verganklike afloop, maar hy stel homself eerder met hierdie gedagte tevrede, as met die gedagte aan `n verdere lewe na die dood. Hy sien dat alles op aarde `n tydelike karakter het en wil daarom nie aan die onverganklikheid van sy "ek" glo nie. En om dan aan so `n mens die begrip van ewig te wil bybring, sou eenvoudig onmoontlik wees. Die gedagte dat iets wat met hom in noue verband staan, nooit sal ophou bestaan nie, beswaar hom. Dit wek `n verantwoordelikheidsgevoel in hom op, want die lewe moet dan begryplikerwys heeltemal anders beskou word - sodra daar met `n bestaan wat voortduur, rekening gehou moet word.
(22 Junie) Dus sal die mense wat die voortlewe bewustelik ontken, ook nie daarvoor terugdeins nie, selfs om aan hulle aardse lewe `n einde te maak. Want as hulle hulleself van hulle aardse lewe ontdoen, glo hulle, om daarmee `n einde aan alles te maak. Maar hulle dink nie daaraan wat die gevolg van hulle handeling is as hulle opvatting verkeerd is nie.
Wat hulle weggooi, is slegs die buitekant, egter nie die lewe self nie. Dit gaan vir hulle gewoon weer deur, want dit is nie te vernietig nie, nóg op aarde, nóg in die hiernamaals. Dit is in die ware sin van die woord onverganklik, dus van ewigheidsduur. `n Einde daarvan is onmoontlik, omdat die Skepper Self daardie wese uit HOMSELF voortgebring het, en alles wat Goddelik is in sy oer substansie - kan onmoontlik ooit vergaan.
En so het die Skepper in Sy wysheid ook bepaal dat daar vir die wese, om die volmaakte toestand te bereik, geen beperking gestel is nie. Dat die wese besig kan wees om steeds hoër te gaan en dus voortdurend kan werk en gee, asook ontvang, sonder om ooit uitgeput te raak of om die uiterste van die Ewige Godheid te gehad het. Die mens op aarde kan die begrip "ewigheid" baie moeilik vir homself voorstel, soos wat die onverganklikheid ook nie heeltemal duidelik gemaak kan word nie - want op die aarde is daar niks wat onverganklik is nie. En die onverganklikheid van die siel kan ook nie vir hom bewys word nie, maar moet deur hom geglo word.
Die tydsbesef ewigheid kan ook nie met die menslike verstand geanaliseer word nie, want die poging daartoe kan onmoontlik tot `n resultaat lei as daar niks aards is waarmee die mense dit kan vergelyk nie. Die mens neem slegs iets as waarheid aan wanneer dit deur bewyse gestaaf kan word, en so bly die geloof ook steeds weer hier. Die mens moet glo wat nie aan hom bewys kan word nie, en daarom moet hy die onverganklikheid van die wese tot in alle ewigheid vooropstel, saam met die res van sy denke
AMEN
|
|
|
|
|