Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die vrees vir die dood

B.D.6616.-.8 Augustus 1956

Die dood is maar `n deurgang tot `n lewe wat ewig sal duur. En al u mense sou die dood nie hoef te vrees as u lewenswandel op hierdie aarde volgens My wil sou wees nie, as u hierdie aardse weg in die Goddelike orde sou afgelê het, sou daar geen skrik u ook in die aangesig van die dood oorval nie. U siel sou haarself verheug om die aardse liggaam te kan ontvlug - om in haar Vaderland te mag binne­gaan waar die aardse liggaam heeltemal oorbodig is. Maar tog kan daar nie van `n vergaan gespreek word nie, inteendeel wag die siel vir `n vry lewe vol van lig en krag.

Jesus Christus het op die derde dag uit Sy graf verrys. Hy het u getoon dat daar geen vergaan is na die liggaamlike dood nie. Hy het u die bewys gegee dat `n regte lewenswandel `n verandering van `n aardse na `n geestelike liggaam tot gevolg het. Dat die mens bly bestaan en net sy omhulsel `n verandering deurgemaak het, wat vir die verblyf in die geestelike ryk onvoorwaardelik nodig is.

En sou u almal hierdie verandering deur uself tot stand kon bring, dan sou die dood waarlik sy prikkel verloor het. Maar omdat u mense nie glo aan `n lewe na die dood nie, bly u in gebreke om uself vir u verblyf in die geestelike ryk voor te berei. En omdat u siel gladnie uitsien om na die liggaamlike dood `n ligkol stralend geestelike kleed aan te trek nie, vrees u die dood - en dit ook met reg. Want u kan weliswaar nie vergaan nie, maar die gebondenheid aan die aarde kan nog eie wees aan u en die ontwaking na die dood sal dan nie vreugdevol wees nie.

Maar u sal ontwaak - al is u siel hoe gebrekkig gevormd. Sy sal die ondervinding hê dat sy nie vergaan het nie en ook nie kan vergaan nie. En onbewustelik vrees die mense, wat angs het vir die dood, hierdie lot. U moet egter aan Hom dink wat die dood oorwin het. Jesus Christus wil u tot lewe wek, Hy wil u `n ewige onverwoesbare lewe gee wat u nimmermeer sal verloor nie. Neem Sy barmhartigheids­geskenk aan en dink aan Hom in bange ure. Beveel u siel vir Hom aan en bid tot Hom dat Hy Homself oor haar sal ontferm, en haar mag help om te lewe. En u sal hierdie bede waarlik nie tevergeefs tot Hom gerig het nie. U vrees sal verdwyn en vir `n salige rus plek maak, `n rus - wat alleen Jesus Christus aan haar kan skenk.

`n Lewende geloof in Jesus Christus verjaag alle angs vir die dood, want dan weet die mens dat hy sal opstaan en lewe - soos Jesus opgestaan het op die derde dag. Wie egter nie die geloof in Hom besit nie, hy vrees die dood, of hy meen om verganklik te wees en dat hy tot niks sal terugkeer - waaruit hy ook voortgekom het.

Die sal egter `n onaangename ontwaking vir hom wees, asook vir almal wat sonder Christus leef op aarde. En dit sal baie lank duur voordat hulle hulleself daarvan oortuig het dat hulle nie vergaan het nie, dat hulle egter slegs `n uitweg uit hulle dooie staat kan vind as hulle Hom aanroep, Hy wie hulle op aarde nie wou erken het nie, maar Hy alleen wat hulle weer die lewe kan skenk.

Die dood hoef maar net die oorgang te wees na `n nuwe onverganklike lewe. Hy hoef die mense in geen geval te verontrus nie, omdat Jesus Christus hom oorwin het. Want Hy het die verlossingswerk volbring om die mense te bevry uit `n toestand wat Sy teenstander in die wêreld gebring het.

Maar die verlossingswerk en die opstanding van Jesus word nie juis deur die mense gewaardeer nie. Baie weet daarvan, maar glo tog nie daarin nie en hulle kan daarom ook geen voordeel van die gevolge van die verlossingswerk en die opstanding trek nie. Dog gee `n lewende geloof die mense die vaste vertroue en ontneem hulle daarom ook elke vrees vir die dood. En hulle sal salig ontslaap in die Heer en met vreugde ontwaak by Hom, in die ryk van lig en saligheid. Want vir hulle is daar vir ewig geen dood meer nie, vir hulle is daar alleen nog maar `n ewige lewe.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205