Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 65

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Voorspraak vir siele in die hiernamaals (1)

B.D. 8611.-.9 September 1963

Steeds weer lê Ek die nadruk daarop dat die mense nog te veel in die duister verkeer en daarom moet `n lig vir hulle ontsteek word. Maar baie word dikwels vir lig aangesien, wat tog eerder die duisternis nog dieper maak. Dit is verblindende ligte - afkomstig van My teenstander, en na die mense gebring deur kragte wat nie die bevoegdheid het om onderrig te gee nie; wat hulleself egter tog daar openbaar waar verbindings aangeknoop word met die geestelike wêreld, waar onrype geeste tussenbeide kan kom, omdat sekere vereistes nog nie aanwesig is wat die bring van die suiwere waarheid waarborg nie.

Steeds is My teenstander daarop uit om nie sy aanhang te verloor nie. Daarom probeer hy die mense terug te hou van die doen van liefdeswerke, onverskillig op welke manier so iets plaasvind. Vóór alles probeer hy verhinder dat die siele uit die diepte uitstyg, dat hulle uit die donker van die nag tot die lig van die dag kom. Sodoende sal hy ook alles doen om die verlossing van die siele uit die diepte te verhinder, as hulle die ryk hierna ingegaan het en nog nie die geloof in Jesus Christus gevind het nie.

Sulke siele is slegs deur liefdevolle voorspraak te help, want dit beteken vir hulle die sekerste behoud vir die val in die diepte, vir die ergste duisternis. Van hierdie liefderike voorspraak wil hy die mense egter terughou, omdat dit die enigste middel is om die wil van die ongelukkige siele te versterk, sodat hulle sal oopstaan vir die onderrig wat hulle ook in die ryk hierna deur geestelike leiers gegee sal word.

Dit ontbreek alle onverloste siele aan krag om hulle toestand vir hulleself te verbeter. Hulle is aangewese op die liefderike voorspraak van die mense, wat weer as krag haar uitwerking op hierdie siele het, sonder om hulle egter te dwing. Op die lang duur kan geen wese die liefde weerstaan nie, en dit is dit wat die teenstander wil teengaan.

Kan die mens nou deur sy gees in homself onderrig word, dan sal hy steeds waarheidsgetroue opheldering ontvang. Word die werk van die gees in die mens egter in twyfel getrek, laat hy homself nie deur Myself nie, maar deur wesens uit die geestelike ryk onderrig - wat hyself nie kan beheer nie, dan moet hy versigtig wees en ernstig ondersoek of die lesse, aan hom gebring, ook volgens die waarheid is. Want dan word hyself maklik `n helper van Satan, wanneer hy geestelike goed versprei wat in teenspraak is met die waarheid, en dit is maklik om te kontroleer as die mens maar die maatstaf van die liefde aanlê.

Stem dit met My liefde en wysheid ooreen, dat `n wese wat ongelukkig voel nie gehelp kan word nie? Sal Ek dit toelaat dat `n wese wat deur die kloue van Satan vasgehou word, na verlossing en liefde verlang? Altyd is die wil van die wese deurslaggewend as hy die hulp aanneem. Nooit word hulp egter vir hom geweier nie, nooit word mag aan die teenstander verleen nie, want Ek verdoem nooit - maar probeer steeds net om die siele uit die diepte te red. En hierdie redding kan, as die siel self te swak is, slegs deur die krag van die liefde geskied, wat van die kant van die mense, of van die ligwesens af, aan die arme siele gebring kan word.

Die liefdevolle voorspraak van `n mens op aarde werk homself uit as krag wat die wese in die hiernamaals ten goede laat kom en sy wil versterk, aan die wil van die siel egter word gevolg gegee.

Dat My verlossingswerk ook in die ryk hierna voortgesit word, vind sy oorsprong in My oorgrote liefde, wat al My skepsels betref. Steeds en steeds weer sal Ek die gevallene opwaarts help, hoewel Ek sy vrye wil eerbiedig. Maar ook die liefde van `n mens op aarde wat uitgaan na sulke onverloste siele, is `n kragstroom wat hierdie siele beroer en dus hulle wil kan aanspoor om hierdie lering aan te neem - wat hulle ook in die geestelike ryk kan ontvang; wat hulle eers `n swak lig skenk, wat egter sterker sal word hoe gewilliger hulle hierdie onderrig aanneem.

My liefde hou nooit op nie, dit geld ook vir die arme siele. Nooit sal Ek toelaat dat die teenstander hulle hinder, wanneer hulle die weg na die lig soek nie. Vir die mense egter, bind Ek steeds die liefde vir hierdie siele op die hart, sodat hulle in stille voorspraak aan hulle kan dink. En waarlik, daar sal geen siel verlore gaan aan wie in liefderike voorbede gedink word nie.

Dit is werklik `n sataniese leer wat die mense die nutteloosheid van voorspraak verkondig. So `n leer kan nooit haar oorsprong uit My hê nie, want dit is totaal in teenspraak met My plan van verlossing, wat ook in die ryk hierna geld - en waaraan elke mens op aarde kan deelneem deur sy liefdevolle voorspraak.

Steeds weer sê Ek vir u: U sou waarlik al die bewoners van die hel kan verlos, op grond van u voorbede. Want teenoor die liefde is My teenstander magteloos. Die liefde ontruk alle siele wat hy sou wil vashou van hom. Teenoor die liefde het hy geen mag nie, en daarom wil hy die mense verhinder om liefdeswerk te verrig. En dit doen hy deur die mense die nutteloosheid van `n liefderike voorspraak voor te lê, en hy vind ook gewillige mense wat so `n dwaling aanneem en ywerig as waarheid verdedig. As hierdie mense maar wil oorweeg dat hulle leerstellings My liefde en wysheid geheel en al teenspreek, dan sou hulle self ook hulle dwaling ingesien het. Want altyd sal Ek probeer om te verlos - nooit egter verdoem nie.

En elke mens wat bereid is om lief te hê, sal My ook ondersteun in hierdie werk van verlossing, sodat Ek terwille van hulle liefde My krag kan uitdeel en tog nie teen die wetlike orde van ewigheid ingaan nie.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205