Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 36

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die dwaalleer van die sieleslaap

B.D. 6541.-.6 Mei 1956

Dit is `n besonderse verkeerde gedagte om te meen dat die siele van die gestorwenes vir ewig slaap, totdat die dag van die oordeel gekom het. Hierdie gedagte gee `n blyk van `n algehele onwetendheid oor die ontwikkelingsproses van die siel; en verder toon dit aan dat die houding teenoor My nie reg is nie, anders sou die mens nie so verkeerd kon gedink het nie, en hy bewys dus dat `n geloof in `n voortlewe van die siel na die dood, nie aanwesig is nie. Want `n doodslaap wat ewighede lank duur, soos wat dit aangeneem word, kan nie as `n "voortlewe" aangetoon word nie.

Hierdie foutiewe gedagte is bowendien `n groot nadeel vir alle siele van hulle wat gesterf het, omdat die ware gebed vir hierdie siele agterweë bly en die hulp daarom nie aan hulle verleen word wat alle siele so dringend nodig het nie.

Maar die mense wat hierdie sienswyse eie gemaak het, wat verkeerd onderrig was, laat hulleself nie onderrig nie en bly aan hierdie dwaling vashou soos aan `n evangelie. Maar ook hier is die invloed van My teenstander duidelik te merk, wat juis die bid vir hierdie siele wil verhinder, omdat so `n gebed hulle help om te kan vryword vir wie hy probeer teëgaan.

Maar al word hierdie waarheid teenoor hierdie dwaalleringe gestel, die mense neem dit nie aan nie en neem nie die ware weg wat duidelikheid aan hulle kan verskaf nie. Hulle hoef slegs in opregtheid na My toe te kom vir opheldering, wanneer hulle die wat hierdie dwaling wil regstel, nie wil glo nie. Hulle hoef hulleself maar net tot Myself te wend, maar hierdie weg neem hulle nie en daarom is hulle onontvreembaar en wend hulleself nie van hulle dwaling af nie.

Die siele van sulke mense wat gesterf het, is egter in groot nood as niemand hulle in gebed onthou nie. En ook kan die mense op aarde nie vanuit die geestelike ryk op hoogte gebring word van die ware toedrag nie, omdat hulle nie glo aan `n verbinding van die ligwêreld met die aarde nie en hulleself daarom nie in gedagtes oorgee aan kennis oordraging nie.

Vir hulle geld slegs die menslike lewe op aarde tot die dood, en hulle voorstelling van `n ewige slaap van die siel tot aan die "laaste oordeel", bewys slegs dat hulle alle kennis ontbreek oor die verlos-singsproses van die geestelike, oor My wese wat Liefde, Wysheid en Almag is, en oor die Verlossingswerk van Jesus.

Hulle kennis is verskriklik beperk en is in die geheel nie volgens die waarheid nie. En kom hulle met die waarheid in aanraking, dan bestry hulle dit. Tog soek hulle daarna om hulle mening met die woord van God, met die Skrif, te bewys. Maar hulle ontwaakte gees laat hulle nie hierdie plekke in die Skrif vind nie, maar My teenstander, wat self My woord tot eie voordeel gebruik wanneer hy verwarring kan stig; waar hy egter weer net daar slaag waar slegs die verstand van die mens besig is, waar Ekself nie om verligting deur die gees aangeroep word nie - wanneer die mens opheldering verlang nie.

Die letter is dood, net die gees maak lewend. Wie homself nie eerste aan My oorgee, sodat Ek sy denke reg kan lei nie, vir hulle sal die letter waarlik die dood beteken. Want ook My teenstander kan homself van letters bedien, wat hy net op `n baie ander manier uitlê en so die grootste dwaling vir die mense aanneemlik laat lyk.

Dit is waarlik `n bedenklike leer, die leer van die doodslaap van die siel. Dit is `n leer wat ook in die hiernamaals die hewigste verontwaar­diging teweegbring by die siele wat hulp nodig het wat weliswaar lewe, maar tog so swak is, dat hulle dankbaar sou wees vir alle toevoer van krag, wat `n gebed in liefde hulle sou kon verskaf.

Die mense moes dikwels in hulle gebede aan die siele dink wie se verwante op die aarde in daardie wangeloof lewe, sodat ook hulle kragtig kan word en opstyg - en nou van hulle kant weer deur gedagtes hulle verwante kan beïnvloed. `n Lewe in liefde op aarde sal die siele ook spoedig `n duidelike insig verskaf. Maar tog moet hulle hulleself eers van dwaalleringe vrymaak, voordat hulle `n arbeidsveld vir hulleself toegewys kry, omdat alle dinge in die geestelike ryk, uit die verbreiding van die suiwere waarheid bestaan.

Daarom is die siele wat al op aarde `n lewe in liefde lei, gelukkig en kan hulleself daarom maklik losmaak van verkeerde opvattings en `n geestelik besit wat foutief is. Die ander bevind hulleself egter in die grootste nood, want elke dwaalleer het `n skadelike invloed op die siel en wel in die besonder die leer van die doodslaap van die siel. Want dit kan werklik tot `n verduistering lei wat gelyk is aan die dood, omdat ook die moontlikheid vir hulpverlening terselfdertyd geringer is, juis deur die gedagte dat gebede geen nut het nie. Wie homself egter in opregtheid tot My wend, sal helder en duidelik insien hoe verkeerd hierdie leer is.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205