Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 60

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Liefdewerk aan dwalende siele

B.D.3483.-.18 Mei 1946

Erbarm u oor die dwalende siele en beskou hulle as siekes wat gehelp moet word. Laat hulle dus geen gebrek ly in hulle groot geestelike nood nie. Die nood van die liggaam kom tot `n einde, die siel daarenteen dra haarself saam in die ewigheid in, na die hiernamaals.

Maar daarvoor kan sy gespaar bly as sy op die aarde nog tot die waarheid kan kom, wat u die dwalende siele moet laat toekom. Help hulle as die geleentheid vir u gebied word. Spreek met hulle van die liefde van God wat na hulle verlang. Hou vir hulle hulle gebrekkige staat van rypheid voor, wat die nadering tot God onmoontlik maak. Toon hulle die weg na genesing, die enigste weg wat tot die doel voer, naamlik die weg van die liefde.

Maak hulle opmerksaam dat hulle sonder werke van liefde nie tot rypheid kan kom nie en nooit hulle doel kan bereik nie, dat hulle die aardse lewe alleen gegee is vir die vervolmaking van hulle siel. Rig hulle gedagte op die geestelike, hou hulle voor om na te dink oor die doel van hulle aardse lewe. Verduidelik aan hulle die sin en die betekenis van die skepping, die doel van die lyding en die aardse nood, en probeer hulle te beweeg om hulle geestelike nood te verhelp. Dit is `n liefdeswerk van reusagtige betekenis, as u uself oor die dwalende siele ontferm en hulp vir hulle probeer bring. En laat u nie afskrik deur `n aanvanklike afwysing nie, bring die woord van God nader aan hulle en dink steeds aan u opdrag - dat u verlossend besig moet wees op die aarde.

Ontelbare siele bevind hulleself in geestelike nood, maar hulle het slegs aandag vir hulle aardse nood en keer nie in hulleself nie, wat hulle `n straaltjie lig sou kon opgelewer het. Hulle let slegs op die verbetering van hulle aardse lewensomstandighede en weet nie dat dit juis die gevolge is van geestelike nood nie. Dat dit eerste geholpe moet word, voordat `n verbetering van die aardse lewe kan plaasvind. Laat hulle hierdie kennis daaroor toekom en help hulle om die weg op te gaan, en hulle siele sal u ewig daarvoor bedank. Want hulle nood word voortdurend groter, hoe meer dit na die einde loop, omdat die teenstander van God steeds meer aan mag wen en sy invloed ontsaglik skadelik is vir die siele.

Die kennis van die doel van hulle aardse lewe kan hulle van sy invloed behoed en die siel kan haarself met goeie wil aan sy mag ontruk, omdat sy hom herken as sleg en insien dat hy van God afgewend is. Ewenwel moet sy met die kennis vertroud gemaak word, en die werk van barmhartigheid moet u uitoefen waar u ook geleentheid daartoe gebied word. U moeite sal nie sonder sukses wees nie, want die nood is groot en die einde kom steeds nader en elke uur moet benut word vir die ryk van God. So is die wil van God wat eerbiedig moet word, as u `n energieke arbeider wil wees in Sy wingerd en Hom wil dien.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205