Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

 `n Beskrywing van die hiernamaals is slegs d.m.v. beelde en vergelykings moontlik

B.D. 5441.-.18 Julie 1952

Alles wat bo u aardse lewe uitgaan sal `n misterie vir u bly, selfs al word dit vir u deur die goedheid en liefde van u Hemelse Vader verklaar, want dit kan altyd slegs op `n wyse uitgelê word wat vir u begryplik is, solank u op hierdie aarde vertoef. U kan vir uself, ondanks alle uitleg, slegs `n voorstelling vorm in soverre dit met u bevattingsvermoë en u insig ooreenkom, en hierdie kennis probeer u ook toe te pas op die ganse wêreld wat nog vir u geslote is.

Maar u dink nie daaroor na hoe onnoemlik begrens u kennis is nie en hoe onbeskryflik klein en ook armsalig hierdie aarde is wat u bewoon nie, vergeleke met al die heerlikhede van vele ander skeppings in die ryk van God. U dink nie daaraan dat elke moontlikheid van vergelyking, om vir u mense `n volledig begrip te kan gee van die boaardse wêreld, u ontbreek.

Daarom is dit ook onmoontlik om u opheldering te gee wat geheel en al volgens die waarheid is. U kan alleen vergelykenderwys beskrywings ontvang, waarin u kan sien dat presies soos op aarde, daar ook wette nageleef moet word - dat die Goddelike ordening in die geestelike ryk onvoorwaardelik opgevolg moet word, as die opwaartse ontwikkeling ook in die hiernamaals wil voortgaan. Verder is dit onmoontlik om geestelike indrukke oor te bring aan mense op die aarde of dit by benadering te verklaar. Daar is geen woorde te vinde vir dit wat die wesens in die hiernamaals ervaar en wat hulle toestand aan u mense sou kan beskryf nie.

Onder hierdie ervarings val te verstane die uitwerking van diegene wat hulle belewe, wat hulle sien en wat hulle voel by die sien van die nie te beskrewe skeppings, of dit nou van salige of onsalige aard is.

Om hierdie dinge weer aan u mense te wil gee, is alleen moontlik deur middel van vergelykende beelde, sodat daar vir u dus aardse begrippe voor oë gestel word, wat vir u wel die sin en die doel duidelik maak, maar tog nooit aan die werklikheid beantwoord nie.

Die liggaamlike dood is nie die einde nie. Die siel leef voort in sfere wat sy vir haarself deur die aardse lewe geskep het. Salig of onsalig kan haar lot wees. Maar hoe dit ookal sy, dit kan slegs vir u mense aanskoulik voorgestel word. Elke verduideliking daarvan, elke beskrywing is altyd maar `n swak poging om `n probleem op te los met begrippe wat vir u bekend is, om in u die verantwoordelik­heidsgevoel teenoor u siel te versterk, vir wie se lot in die hierna­maals, u mense op aarde self gestalte gee.

Die mensdom is die kennis oor aangeleenthede in die hiernamaals weerhou, en hulle sal ook nooit kan deurdring in `n gebied wat eers dan betree kan word, wanneer die geestelike ontwikkeling van `n mens die graad bereik het dat hy met geestelike oë kan sien nie. En selfs dan sal dit nog steeds nie moontlik wees om die indrukke en die gevoelens op `n begryplike wyse aan die medemense weer te gee nie, omdat die aardse ryk en die geestelike ryk twee heeltemal geskeide gebiede is waarin dit vir die een nie meer geld wat in die andere geld nie, dus die gebooie wat in die een ryk van krag is, is in die andere wêreld opgehef.

En tog is die geestelike ryk werklikheid en elkeen sal homself daarvan kan oortuig, wanneer hy sy liggaamlike omhulsel afgelê het en ingaan in daardie ryk. Dan sal hy begryp dat die mense op hierdie aarde geen opheldering kon ontvang het wat algeheel met die waarheid ooreenstem nie.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205