Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Regverdigheid - Vereffening in die hiernamaals

B.D.5323.-.24 Februarie 1952

Daar is `n regverdigheid en daar is `n vereffening, as dit nie op aarde is nie, dan is dit in die ryk hierna, waar die siele oes wat hulle gesaai het. U mense moet bedink dat niemand iets vir homself kan toe-eien, wat hom nie toekom nie, dat hy rekenskap moet aflê vir elke sent en elke dubbeltjie - en dat hy moet betaal vir wat hy homself onregmatig toegeëien het.

Mense dink daaraan, dat Ek u niks kan kwytskeld nie, omdat Ek `n regverdige God is. Dat u uself daarom met `n groot skuld belas, wanneer u glo om ongestraf te sondig. Eenmaal kom die dag van vergelding vir elkeen wat daar sonder bekommernis losbandig leef, omdat hy nie aan My as `n regverdige God glo nie en daarom sonde op sonde stapel.

Die aardse lewe is vir u almal spoedig verby, en wat vir u oorbly is slegs die geestelike besit. Maar wee diegene wat dit nie kan sien nie, hy sal arm en naak daar anderkant aankom en in groot ellende en duisternis ronddwaal. Dit is die vereffening vir `n lewe op die aarde as dit nie geleef was volgens My wil met inagneming van die gebod van die liefde tot My en die naaste nie; dus wanneer die mens slegs aan homself dink en so los leef, dat My teenstander plesier daarin het wanneer hy in wêreldse genot swelg en sy hartstogte en luste die vrye loop laat neem.

Wie op aarde net aan homself gedink het, sal daar ginds verlate ronddwaal, en niemand sal hom liefde betoon nie, soos wat hy hulle wat sy hulp op aarde nodig gehad het, self gebrek laat ly het. Hy moet dan tot op die sent terugbetaal, omdat niemand die skuld vir hom kan vereffen nie, behalwe Jesus Christus, aan Wie die siel wat sonder liefde leef, egter nie glo nie.

U mense moet u lewe op aarde net van hierdie kant bekyk, dan sal u ook weet dat u nie gewetenloos los kan lewe nie; maar dat die liggaamlike lewe eens beëindig sal word en die siel die skuld sal moet betaal waarmee sy haarself belas het. En weet, dat alles wat u die wêreld aan tol betaal het, van die siel ontneem sal word en dat haar armoede in die hiernamaals die gevolg daarvan sal wees. Weet dat daar `n vereffening is vir elke uur wat u My teenstander toejuig en u die genoegdoening van die wêreld toegedaan is - en My heeltemal vergeet.

Die aardse lewe is aan u gegee tot voltooiing van u siel. Maar wat doen u? U versorg maar net u liggaam en vervul al sy wense. U word dronk van alle wêreldse genoegdoeninge en u loop al te gewillig in die strik - wat die vyand van u siel vir u opgestel het.

U neem van u siel af en gee dit vir u liggaam, en dit moet u duisendvoudig betaal. Want u nood sal bomate groot wees wanneer u die geestelike ryk sal ingaan, waar slegs dit wat deur die siel aan onverganklike goedere saamgebring word, gewaardeer sal word. Die siel sal groot gebrek ly en niemand sal haar help as sy haarself nie tot Jesus Christus wend nie, van Wie sy egter in haar duistere toestand niks weet nie. Slegs Hy kan haar help. Maar ewighede kan vergaan voordat die siel daardie insig verkry en haar tot Hom keer. Ewighede kan sy haar skuld met haar meesleep, omdat My regverdigheid haar nie kan bevry, solank sy nie self tot My daarvoor bid nie.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205