Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 69

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die werk van hulle wat die siele in die hiernamaals wil verlos - volgens die wil van God.

B.D 5964.-.22 Mei 1954

Vertrou My woorde en glo tog maar dat My liefde oor u waak. Dat Ek u teen alle aanvalle van My teenstander behoed, wanneer u u toevlug tot My neem in aardse en geestelike nood. U wil verseker u ook My hulp en My beskerming hê, want Ek beoordeel alleen u wil - en ooreenkomstig hierdie wil bevind u uself in My Hande, of in die mag van My teenstander.

As die wil op My gerig is en daar is die verlange om welgevallig volgens My wil My te lewe, dan sal u ook daarop kan reken dat Ek sorg sal dra vir u. As u wil gerig is op die wêreld en haar goedere, dan behoort u aan My teenstander en dan het hy ook mag oor u. Hy kan dit egter nooit meer hê wanneer u op pad is na My, as u My Soek en tot My bid in gees en in waarheid nie.

U geloof is nog swak, maar dit sal versterking ondervind, sodra u maar steeds probeer om in die liefde te lewe. En u sal steeds meer seker wees daarvan dat My Vaderliefde vir almal geld wat nog onverlos is op die aarde, en ook onverlos sterwe of gesterf het.

Al hierdie siele bevind hulleself in groot nood en My liefde wil hulle nie vir ewig in hierdie nood laat nie. Daarom skep Ek tallose moontlikhede vir hulle sodat hulle `n uitweg uit hulle nood kan vind, sonder om hulle vrye egter wil te beperk. Maar Ek ken die wil van elke afsonderlike mens en elke siel wat haarself in die ryk hierna ophou. Ek weet wanneer hy bereid is om die weg tot My te gaan, en Ek laat u mense deelneem aan die verlossingswerk, omdat daar ontsaglik baie werk te verrig is. Want aan elke siel moet die geleentheid gebied word om haar weerstand te kan opgee en haarself oop te stel vir die ewige heil.

Dink aan die enorme groot aantal siele wat nog ver van My afstaan, wat geen geloof het en tot wie Ekself nie kan gaan nie, omdat hulle nie in My glo nie. Ek doen egter steeds moeite om vir hierdie siele ook moontlikhede te skep, sodat hulle op omweë na My toe kan kom. En u mense kan My daarmee help, deur uself oor hierdie siele te ontferm, deurdat u hulle sal vertel van My. Want hulle sal eerder na u luister, as hulle tenminste bereid is om hulle gebrekkige toestand te verander.

Aan die een kant is daar `n beklaenswaardige ongelowigheid te konstateer, aan die ander kant egter begin daar `n omvangryke verlossingswerk - gerig op die siele in die geestelike ryk, omdat hierdie verlossingswerk op aarde meestal sonder sukses bly. Want My teenstander het groot mag oor die mense op aarde, omdat hulle te veel in die materiële verstrik is en hy hulle met wêreldse goedere lok. Maar in die ryk hierna sien so menige siel die waardeloosheid in van wat sy op aarde nagestreef het, want nou bevind sy haarself in die grootste armoede en duisternis. En daarom is sulke siele nou dikwels makliker te wen as die geloof maar net in hulle opgewek kan word. En Ek beskik waarlik oor baie middele wat Ek aanwend en wat ook maar heel selde sonder sukses bly.

Die bestaan van hierdie siele in die hiernamaals kan nie so aan u beskryf word soos wat dit is nie, want `n bedekking sal steeds daar bly, wat vir u `n blik in die hiernamaals belet. Maar u kan gerus glo dat Ek My oor alle siele ontferm en vir hulle redding, ook u mense daarby betrek, wanneer `n groter moontlikheid om verlossing daardeur verseker is. Wie My wil dien kan My ook dien en word dan deur My op die plek geplaas, waar sy werk suksesvol sal wees. Maar altyd moet u glo aan My oorgrote liefde en barmhartigheid, dan sal alles ook vir u begryplik wees en u twyfel dan ook nie meer aan die opdrag wat Ek u stel nie. U dien My dan graag en is ook oortuig van die seën van u arbeid. U help mee aan die verlossing van ontelbare siele uit nood en pyn, u lei hulle op die weg na lig en saligheid.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205