Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 55

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die berou van die siele wat die Goddelike barmhartigheidsgawe afwys

B.D 4887.-.1 Mei 1950

Die siele bevind hulleself in groot geestelike nood, wat Ek deur My woord benader het, en wat dit egter nie aangeneem het as die Stem van die Vader nie. Want die vermoë om iets te deursien het hulle, slegs die wil tot ernstige ondersoek, ontbreek by hulle. Eenmaal sal hierdie siele egter tot insig kom en dan is hulle berou oorgroot, omdat hulle nie `n kosbare barmhartigheidsgeskenk van My benut het nie, en hulle selfverwyt is kwellings wat nie te besef is nie.

Vir wie My barmhartigheidsgawe nou aangebied word, is in `n sekere sin geroep tot geestelike werksaamheid, omdat Ek die rypheidsgraad van die wat Ek wil help om hoër op te kom, se siel ken. Hy is in staat om te begryp sodra hy bereid is om in die waarheid te lewe. Hy staan dus nou op `n tweesprong: Om die ewige waarheid tegemoet te gaan, of om die wêreld in te gaan. En nou hang dit van sy eie wil af welke weg hy kies. Wel nou, `n mens wat twee weë gaan en dan uit homself die verkeerde gaan, moet homself daarvoor blameer.

Die siel voel dit onbewustelik en verkeer daarom in probleme, ofskoon die verstand van die mens sulke bedenkinge sou wil verjaag. Dit is groot geestelike teenstrydighede wat die siel en die verstand nou vir mekaar afspeel, en salig is die mens as die siel die verstand nog kan oortuig van sy dwaling voordat dit te laat is, dit wil sê, voordat die siel die aardse omhulsel verlaat. Maar gaan sy die geestelike ryk binne in `n toestand van duisternis, dan brand die lig wat haar moes verlig het, soos `n vuur in haar. Want die besef dat sy deur eie skuld in die duisternis verwyl, bly haar ook in die toestand van onwetendheid by, omdat sy van lig ontneem is, wat My liefde en barmhartigheid vir haar ontsteek het. Sy leef dan in groot pyn, verlangend na hierdie barm­hartigheidsgawe, wat nie meer vir haar geskenk kan word as dit eens versmaad is nie.

Weliswaar kan sy van die kant van die ligwesens gehelp word, maar hulle lyk nie vir die siel as bringers van die lig nie. Dog word die vrye wil van die siel op `n andere wyse op die proef gestel, sodat sy weer op `n tweesprong staan: Óf om die lig siele te volg, wat hulleself weliswaar nie laat herken nie, maar haar helpend wil bystaan, óf weer in koppigheid te volhard en die hulp van die ligwesens af te wys.

Soos die mens op aarde nie gedwing word tot die aanneem van die lig wat van Bo na die aarde neerstraal nie, so is die wil van die siele in die geestelike ryk ook deurslaggewend hoe hulle ingesteldheid is teenoor die hulp wat My ewige liefde hulle altyd ten deel laat val - om hulle opwaarts te lei. 

Op aarde het hulle My oorgrote barmhartigheidsgawe ontvang in My woord, wat die geestelike rypheid met sekerheid vir hulle oplewer. En daarom is dit onverantwoordelik om geen ag te slaan op My woord, wat hulle uit die Hoogte aangebied word, en hulleself onverskillig of heeltemal negatief daarteenoor instel. En begryplikerwyse moet dit `n siel ten seerste beklem as sy aan die sekerste middel om die EWIGE LEWE te bereik, geen aandag geskenk het nie en nou, in `n betreurenswaardige toestand in die geestelike sfere vertoef - waar duisternis en onsaligheid heers.

Maar dit was haar vrye wil, want sy het deur haar wil self hierdie erbarmlike toestand geskep, en moet dit nou verdra, of uit vrye wil weer `n verandering nastreef. Dus benut My liefde en erbarming elke geleentheid wat die siel in die hiernamaals hulle verskaf, sodat sy tog nog opwaarts kan gaan en in die ligryk kan ingaan, al is dit ook ná `n eindelose lange tyd. Haar wil alleen besorg haar die lot in die ewigheid. Haar wil wek die siel tot lewe, maar kan ook die aanleiding wees tot die geestelike dood.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205