Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 38

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die vroeë dood van kinders (antwoord op `n vraag )

B.D.8772.-.6 Maart 1964

Ek sal u van krag voorsien, omdat Ek u medewerking op aarde nodig het, waarvoor u vrye wil egter vereis word. Ek kon waarlik vir Myself ook houers kies en hulle bestem om vir My werksaam te wees, maar dit is nie met My ewige wet van ordening in ooreenstemming nie. Want slegs die vrye wil moet en kan beslissend wees, wat dan ook die sekerheid van slaag bied. Daar is wel mense wat ook bereid is om vir My te arbei, maar dikwels ontbreek die voorwaardes om `n verlossing op aarde te bewerkstellig. Daarom weet Ek wie hierdie arbeid vrywillig op homself sal neem en My as `n geskikte opnamehouer sal dien. En so `n houer sal Ek dan ook weet om te behou en deur alle nood­situasies heen lei, in die besonder wanneer die verlange na die wêreldse, nie meer `n mens vervul nie. As hy aardse verlangens heeltemal opsy sit, juis terwille van geestelike arbeid, wat hy as bomate belangrik insien. En daarom sal u die arbeid in My wingerd kan deurgaan en u moeite sal altyd deur My geseënd wees, want dit gaan daaroor om nog veel opheldering te verskaf aan die mense wat `n oop oor daarvoor het, wie hom self met My in verbinding stel en vrae opdiep wat Ek vir hulle deur My dienare op aarde beantwoord.

Dit word u steeds weer gesê dat Ek baie skole het in die geestelike ryk en dat die hele universum skeppinge bevat wat alles vir die rypword van die eens gevalle geestelike moet dien. En elke skeppingswerk het sy eie bestemming, dit sal steeds ten dienste staan van die opwaartse ontwikkeling van die wesens van wie hulle toestand beantwoord aan die lewensvoorwaardes van die skepping.

En so kan siele wat die gang deur die skeppings van die aarde afgelê het, hulleself ook op ander hemelliggame beliggaam, terwille van bepaalde kapasiteite, wat net Ek kan sien, en wat `n rypword op andere hemelliggame veilig ag en dan vir die siele ook nog die beliggaming as mens op aarde kan gee - en hulle dan dikwels al met `n bepaalde missie kan belas.

En dit verklaar dan ook vir u die sterwe van klein en die kleinste kindertjies, wie se siele nie opgewasse is teen hulle gang oor hierdie aarde nie, wat egter nie as heeltemal weerspannig teen My bestempel kan word nie, sodat Ek vir hulle `n ander moontlikheid tot verdere ontwikkeling gee, in een van die tallose skole - wat ook meestal aan hulle taak voldoen en `n wese van `n sekere rypheid oplewer.

Dit is weliswaar nie vir hierdie wesens moontlik om die kindskap van God te bereik nie, waarvoor `n goed volbragte lewe op aarde `n voorwaarde is. Tog kan hulle ook eenmaal weer, wanneer hulle al `n hoë liggraad bereik het, na die aarde toe kom ten behoewe van `n missie, en kan hulle dan ook die kindskap van God verwerf.  

By die beliggaming van die siel as mens, speel daar soveel omstandighede, begaafdhede en ook die graad van rypheid wat sy reeds in haar voorstadia bereik het, saam, en wat nie deur `n aardse lewe afgeneem mag word nie, maar wat deur die swakheid van die liggaam kan verminder, as die siel haarself beliggaam in `n moeder­liggaam wat nie vir haar toestand geskik is nie, sodat die probleme wat sy het om ryp te word, dan groter is en `n totale mislukking tot gevolg kan hê.

Maar dan bevry Ek die siel weer van haar omhulsel en plaas haar daarheen waar daar vir haar `n hoër ontwikkeling makliker en verseker is, omdat die siel My geen sterk weerstand gebied het nie.

Sodoende is daar veel moontlikhede om die eens gevallene te help om tot My terug te keer. Wel is die aarde die geringste en ook armsaligste skeppingswerk, wat egter die hoogste geestelike sukses kan oplewer wanneer die wese bereid is om hierdie weg te gaan. En tog sien Ek vooraf of die vrye wil of ook ander redes `n verdere rypwording van die siel onmoontlik maak, en steeds sal Ek helpend ingryp, daar waar die hulpeloosheid van die siel dit vereis, sy wat haar opgelegde lot nie kan nakom nie en My tog nie met opset weerstaan nie.

U mense kan dit nie beoordeel nie, maar alles vind sy rede in My liefde en wysheid. En so moet u ook met die vroeë dood van kinders `n beweegrede van My kant aanneem, want niks geskied deur My sonder sin of doel nie. Alles gebeur net vir die welsyn van die geestelike wat homself eens afgewend het, en wat weer na My toe moet terugkeer.

En Ek het oneindig veel moontlikhede om My doel eenmaal te bereik, en eens sal uself ook alles ken en insien wat die aanleiding was van My bestuur en die uitvoering daarvan. Ek is egter steeds besorg oor die swakke en Ek sal hom op elke wyse bystaan. Want Ek ken ook die mate van weerstand van `n siel, hoevêr sy verswak is en of en hoe sy nog verder sal verslap. En daaraan beantwoordend plaas Ek die siel daarheen waar sy haar doel die vinnigste kan bereik.

(7 Maart) Wel is die gang oor die aarde die enigste moontlikheid om die kindskap van God te bereik, maar Ek weet ook dit, en in welke mate, `n siel in gevaar is om ook die reeds bereikte graad te verloor en af te gly. En dan verhinder Ek dit met die oog op die nog geringe weerstand teen My, maar sodat die vrye wil nie daardeur geskaad kan word nie en sodat dit ook nie `n terugval uitskakel nie.

Die siel kan egter al vóór haar beliggaming as mens beslis of sy die gang oor die aarde wil gaan, en haar vrye wil word gerespekteer. En so kan die lot ook uitgelê word van kinders wat die dood deur geweld gevind het, wat ook die geleentheid gebied word om hulle ontwikkelingsgang op andere hemelliggame voort te sit en ook ryp te word, al is dit ook onder ander voorwaardes.

Die mense kan egter nie alles deursien nie, My bestuur en My werksaam wees sal nooit ten volle deur u begryp word nie. Maar Ek ken tallose weë om My skepsele opwaarts te help en Ek ken ook die verloop en die afloop van elke aardse bestaan.

Elke siel kan, as sy dit ernstig wil, weer as mens na die aarde kom, met die doel om die kindskap van God te bereik, wanneer sy in `n bepaalde graad van lig staan, en vrywillig `n missie op haarself neem - wat dan `n groot eis aan so `n siel stel.

En tog gryp Ek alleen dan in en bring Self `n verandering in die gebruiklike verloop aan as `n gewillige siel daarmee geholpe kan word, wat egter net Ek alleen weet. Die gang oor die aarde as mens is moeilik, en krag is daarvoor nodig en die wil om dit met geestelik sukses af te lê. Die swakke help Ek te alle tye as hy My geen sterk teenstand meer bied nie. Op welke wyse My hulp tot uitdrukking kom, moet u aan My liefde en wysheid oorlaat. Maar steeds sal Ek moeite bly doen om My skepsele tot die uiterste voltooiing te bring, en steeds sal Ek die middele aanwend wat My sukses sal verseker. Want Ek verlang na My kinders en daar sal nie een in die verderf stort wat al op pad is na My nie, wie Ek sien en waarna Ek dan ook optree.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205