|
Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3 BERTHA DUDDE
Hoofstuk 62
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72. |
|
|
Die smeking van die arme siele vir gebed
B.D. 2381.-.24 Junie 1942
Laat die smeking van die oorledenes tot u spreek. Ontsê hulle nie u voorspraak as hulle daarvoor sorg dat u aan hulle dink en weet, dat hulle naamloos moet ly sonder u hulp. Die lot van `n onverloste siel is bomate treurig, en niemand van u weet of `n siel verlos is - of in `n smartlike toestand smag en u hulp nodig het nie. Slegs deur gebed kan u hierdie arme siele hulp bied, want hulle voel dan u liefde en dit gee hulle die krag om hulle eie lot te verbeter. Hulle verander hulle wil, wat voorasnog nodig is om `n verandering in hulle treurige toestand teweeg te bring.
Die siele is dankbaar ook vir die geringste ondersteuning, omdat hulle op u aangewese is en besig is of met medelydende siele wat reeds `n hoër graad van rypheid verkry het. Hierdie mag egter dan eers hulp vir hulle aanbied, as hulle wil `n verandering van hulle bestaande toestand begeer. Maar die wil is by sulke siele swak, of selfs totaal werkloos. Daarom moet hulle dikwels ondenkbare lang tye so smag, as hulle nie gesteun word deur `n gebed nie, voorspraak wat hulle die krag oplewer om die wil te verander, dit wil sê, om werksaam te laat word. Ken u die nood van hierdie siele, dan sou u hulle nie tevergeefs laat smeek het nie, want deur elke gedagte aan `n oorledene wil hy bereik dat hy nie vergeet word nie - en is `n hulproep in sy nood.
Die mensdom is so liefdeloos teenoor mekaar en sonder geloof aan `n voortlewe na die dood; daarom dink hulle ook nie aan die dooies nie, waaronder dese dan uitermate ly. Hulle dring steeds maar weer die gedagte van die mens binne, en wil hom daardeur aanspoor om in sy gebede aan hulle te dink.
Die nood in die hiernamaals is groot, daarom dring ook die siele van onbekende oorledenes hulleself in die nabyheid van hom wat vol medelye aan hierdie arme siele dink. Want hulle voel elke gebed as `n weldaad aan en elke wil wat na bo gerig is, as vermeerdering van hulle krag. En die mense op aarde wat vol erbarming is, is gedurig omgewe deur hulpbehoewende siele, omdat die van hulle hulp verwag. Die wil om hierdie siele te help gee hulle reeds krag, en elke liefdevolle gedagte wat hulle omvat, versterk hulle wil. Daarom kan vrygewige wesens hierdie siele in die hiernamaals te hulp kom en vir hulle die krag oorbring wat hulle nodig het, om daardie ontsaglike leed in die hiernamaals te verminder.
Die mense weet nie genoeg om te waardeer wat `n barmhartigheidsgawe die gebed is nie. Alles sou sy kan bereik deur die ware gebed, want God Self het haar hierdie barmhartigheid aangebied en geen grense vir haar gestel nie. Maar in die hiernamaals kan die kragtelose siel haarself nie self help nie, maar is op hulp aangewese. En hierdie liefde en hulp moet u vir haar laat toekom, om haar aan hierdie kwellende toestand te ontruk - om dit vir haar moontlik te maak om haarself te begin verlos.
Het die siel die stadium van haar willoosheid oorwin, dan geld haar strewe net nog om opwaarts te gaan en haar grootste nood op te hef. Die krag daartoe moet haar ewenwel van liefhebbende oord toegestuur word deur vir haar te bid, want alleen die werk in liefde bring vir die siel verlossing. En indien sy self te swak van wil is om in liefde te kan werk, moet die mense haar liefdevol bystaan, omdat sy die krag kry wat sy vir haar positiewe ontwikkeling nodig het.
Daarom: Vergeet die arme siele nie, hulle smeek u gedurig dat u hulle sou wil help.
AMEN
|
|
|
|
|