Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die kennis van die salige, asook die onsalige toestand

B.D.7126.-.21 Mei 1958

U kan die salighede in die ligryk nie besef nie, soos u uself ook geen voorstelling kan maak van die kwellings wat die siele in die duistere ryk moet verduur nie. Tog word u steeds deur My woord weer van beide op die hoogte gebring, u is dus nie heeltemal sonder kennis nie. Om dit te glo, staan u egter vry, maar dit is egter wel beslissend vir u eie lot as u siel die liggaam verlaat en heengaan na die ryk hierna.

Want sodra u glo wat u steeds weer deur My woord verkondig word, sal u ook u lewenswandel daarvolgens inrig, want geen gelowige mens leef sommer van die een dag na die ander nie. Elkeen sal sy bes doen om volgens My wil te lewe, ofskoon sy swakheid van wil hom nog gereeld tot `n val kan bring.

Maar wederom mag nie alleen die vrees vir die duisternis, of die te verwagte saligheid in die ligryk hom tot sy lewenswandel aanspoor nie, want dit alleen sou die toestand van sy siel nie baie gunstig beïnvloed nie. Maar die gelowige mens dink na en dit spoor hom van binne af aan tot `n God welgevalle lewe. Terwyl die mens wat `n sogenaamde vormgeloof sy eie noem, berekend is, naamlik die wat wel die kennis het deur My woord, maar wat egter die gebooie of voorskrifte maar net deur dwang van buite af nakom en dit oor die beloofde loon, of vanweë die gevreesde strawwe.

`n Ware geloof bring egter ook die verbinding tot stand met Hom aan Wie die mens glo. En dan voel hy ook innerlik die verantwoording teenoor My en hy doen sy bes om volgens My wil te lewe op aarde, omdat hy My nie wil bedroef nie en omdat hy ook voel dat Ek hom liefhet en hy hierdie liefde waardig sou wil wees.

Maar die kennis van die salige, sowel as die onsalige, wat `n siel te verwagte het na die liggaamlike dood, moet die verantwoordelik­heidsgevoel in die mens vergroot. Hy moet weet dat hy nie sonder doel op aarde leef nie. Hy sal nie kan sê dat geen aanwysings vir hom gegee is oor die gevolge van `n goeie, of `n verkeerde lewenswandel nie. En terselfdertyd moet die doel daarvan ook aan hom duidelik gemaak word, wat juis uit die toestand bestaan wat die siel kan bereik. En daarom moet hy ook weet hoe hierdie toestand bereik kan word.

Maar bewyse daaroor kan u nie gegee word nie, dog iemand wat dit ernstig bedoel, sal ook altyd weer bewyse uit die hiernamaals ontvang, wat hom dan nie meer tot geloof dwing nie, omdat slegs `n gelowige mens dit sal kan verneem. Omdat vir diegene van wie die geloof swak is, die bewys as teken van barmhartigheid sal dien. Hulle swak geloof het ietwat versterking nodig, as hulle vanuit hulleself gewillig volgens My wil op aarde lewe.

Maar wie oplettend is sal ook dinge sien en belewe wat hy ook as `n bewys kan laat geld. .Maar tot geloof dwing mag die openbarings uit die hiernamaals nooit. Daarom sal daar altyd slegs enkeles weet te vertel van wedervaringe wat tot in die hiernamaals reik. En ook net geestelik strewende mense sal weer aan hierdie enkeles geloof skenk, terwyl die ongelowiges hulle sal bespot en hulle as leuenaars en dromers afmaak, en daarom ook geen voordeel daaruit sal trek vir hulleself nie.

Maar ook die hiernamaals openbaar homself, die ligryk asook die ryk van die duisternis, maar nooit so dat die mensdom gedwing word om te glo nie. Om hierdie rede kan verskynings van allerlei aard altyd bestry word, en elkeen kan daaruit aflei wat hy wil.

En weer sal die lewenswandel van elkeen afsonderlik, as dit in liefde gegaan was, ook beslissend wees vir die ware insig. `n Liefhebbende mens sal versterk word om steeds yweriger voort te gaan, en hierby sal die ligwêreld hom ook sekerlik help.

Vir hom sal daar ook geen twyfel meer bestaan oor `n voortleef na die dood nie, wat in ooreenstemming is met sy op aarde afgelegde lewensweg. En hy sal probeer om die hoogste doel te bereik, want hy sal vas verbind bly met My.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205