Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Wie sy lewe liefhet, dit sal hy verloor

B.D.5024.-.20 Desember 1950

Die wil om te lewe beteken `n sekere oorwinning oor die dood. Sekerlik kan u nie die aardse liggaamlike dood gebied nie, maar ook dan nog kan die liggaamlike dood die oorgang wees tot die lewe - as die wil in die mens bowendien sterk word sodat hy die ewige lewe verwerf. En hierdie lewensweg word deur My goed genoem, ofskoon Ek die woorde gespreek het: "Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor en wie dit weg gee, sal dit verkry !"

Wie net daaraan dink hoe hy vir sy liggaamlike lewe kan sorg, die sal heel spoedig ondervind dat hy self volledig magteloos is en van die aarde weggeneem word sonder om homself daarteen te kan verset. Hierdie lewensweg is dus nie bedoel om oor die dood te seëvier nie.

Die mens moet na die ware lewe van die siel verlang en vir die lewe moet sy wil homself met al sy krag insit. Dan is daar vir hom geen dood meer tot in ewigheid nie, dan sal hy lewe in lig en krag en ononderbroke werksaam kan wees tot eie geluk. Dan het hy waarlik die dood oorwin en die uittrede van die siel uit haar liggaam is `n ontwaking tot `n nuwe lewe, nie beswaard deur die liggaamlike omhulsel nie, vry van alle materie en tog in onvermoeide volheid van krag.

Hierdie lewe moet die mense op die aarde liefkry, en slegs daarna strewe om dit eenmaal te besit. Dan verlang hulle sterk na die dood, dan wil hulle die aardse lewe opgee terwille van die ware lewe in die ewigheid. Maar die mense hang nog teveel aan hulle liggaamlik lewe. Hulle vrees om dit te verloor, hulle het hulle aardse lewe lief, daarom verloor hulle dit en is hulle lot die dood.

En weer word nie die dood van die liggaam bedoel nie, maar die dood van die gees, waarin die siel onherroeplik wegkwyn in dit wat die lewe op aarde liefhet. - En hierdie dood is erger as wat die mens dit vir homself kan voorstel, want hy het homself verloor, hy het die aardse lewe verloor en sy siel is sonder lig en krag, heeltemal magteloos en in die diepste duisternis.

Die geestelike dood is vir die siel `n onbeskryflike kwelling, omdat sy van haarself bewus is nie, dus nie uitgewis word op die oomblik van die dood nie, maar verder vegeteer in `n toestand wat vir haar verskriklik knellend is. Die verlange om gelukkig besig te wees sal altyd net `n lewende wese kan vervul, omdat daar net aan die krag toebehoort wat `n lewende wese in homself het, terwyl `n wese sonder krag dood is. Wat egter op aarde deur middel van die lewenskrag wat na die mens toestroom tot stand gebring word, kan uit suiwer wêreldse aktiwiteit bestaan, wat wel aardse stoflike goedere vermeerder, maar vir die geestelike ryk sonder waarde is - of ook in geestelike werksaamhede die onverganklike skatte oplewer, en sodoende ook `n lewe in die ewigheid verseker.En daarom moet die wil van die mens ernstig op die ewige lewe gerig wees, sodat hy dan die lewenskrag gebruik vir die win van die geestelike krag. Dan sal hy seëvier oor die dood, want dan is `n ewige lewe vir hom seker en hy sal die dood nie smaak tot in ewigheid nie.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205