Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die angs om te sterwe. Vorige beskouings in die geestelike ryk

B.D.6637.-.6 September 1956

Die geestelike dood is veel verskrikliker as die aardse dood. Dit is die geestelike dood wanneer die mense die angs vir die liggaamlike dood onbewustelik vrees, want dit is juis die angs wat die mens oorval, wat nie aan `n voortlewe na die dood glo nie. Dit is die siel wat voel dat sy in `n armsalige toestand is, en wat hierdie bewussyn as angs op die liggaam oordra en wat homself daarom teen die sterwe verweer solank as wat dit vir hom moontlik is.

Die angs vir die dood is `n ongewilde toegee van onrypheid van die siel, want dit ontbreek haar aan alle kennis en daarom aan `n vertroue in God se barmhartigheid, wat hoop op hulp, wat haar te alle tye verleen sou word as sy om hulp sou vra. Sy bevind haarself in `n volslae duisternis en vrees onbewustelik `n nog dieper nag, wat sy tegemoet gaan.

`n Rypgeworde siel sal haar laaste uur volkome rustig verwag, want sy verlang na die bevryding uit haar liggaamlike omhulsel. Sy gee haarself oor aan Hom in Wie sy glo, en sy beveel Hom en Sy barmhartigheid aan. En dikwels mag hierdie siele voor hulle dood reeds `n blik slaan in die ryk wat op hulle wag. En stralend van geluk open hulle die oë om dit dan vir altyd te sluit en hulle liggaam te ontvlug, om binne te gaan in die ryk wat hulle mag aanskou het. Die angs vir die dood is `n duidelike teken in welke gesteldheid die siel haarself bevind. Baie hulp moet vanaf die kant van die medemense aan sulke siele verleen word, sodat sy nog in die laaste minuut kan ontwaak en haarself tot die Ene wend, wat haar wil en kan help.

`n Stil en innige gebed tot Jesus Christus kan een eerder laat opstyg as hy met `n siel meeleef wat in angs met die dood worstel, en wil meehelp om innerlike rus te vind. Want hierdie siel sal die hulp aanvoel en die laaste reddingsanker gryp. En sy word, wanneer sy haar liggaam verlaat het, deur die liefde van die medemens na Jesus Christus gedra, wat Sy oor nie sluit vir `n innige gebed om hulp nie.

Daarom moet die mense hulle in die besonder ontferm oor hulle wat die angs het om te sterwe, want deur die angs beken hulle dat hulle nog ver af staan van die lig, van die ware insig en daarom ook van God. Die angs vir die dood bewys dat hulle hulp nodig het, anders sou `n salige rus hulle vervul het wanneer hulle die uur van skeiding van hierdie aarde voel aankom.

En dit is `n werk van baie groot barmhartigheid en liefde om bystand aan `n bang siel te verleen, wat nou nog net daarin kan bestaan dat die Redder Jesus Christus Self aangeroep word, sodat Hy Homself oor hierdie siel mag ontferm. En hierdie liefhebbende smeekbede sal gehoor word en kan vir die siel haar redding beteken, sodat sy gespaar sal bly vir die duistere nag.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205