DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 9
Gesprekke met ligwesens
Dinsdag, 04 Desember 2007 om 18:59
Het julle al met MY gepraat en het EK geantwoord? Ja, EK het sommige van julle al geantwoord, en met sommige praat EK elke dag. Maar nou kom ons by ‘n les en ‘n groot waarskuwing. As jy nog nie MY stem gehoor het nie, moet jy begin soek. Jy moet delf in jou binneste en jy moet goed luister.
Jy moet ‘n hegte verbinding met MY hê. Jy moet nooit, en EK herhaal NOOIT probeer om ‘n gees op te roep nie. As jy dit doen, speel jy in die satan se hand, soos julle spreekwoord lui. Jy moet MY te alle tye kom vra as jy iets wil weet oor ‘n geliefde wat reeds vir hierdie wêreld dood is. Gaan nooit na iemand wat insinueer dat jy daardie dooie persoon self moet kontak nie.
Wees versigtig, want satan sluip rond soos ‘n leeu en hy is so listig soos ‘n slang en voor jy weet, het jy hom ‘n kans gegee om vasskop plek in jou te kry. MY kinders, bly weg van plekke waar duiwelsdrek soos dobbelary, glasie-glasie en nog baie ander dinge gedoen en gespeel word. Julle weet nie hoeveel demone wag net om op jou te spring, as jy by so ‘n plek ingaan nie.
EK waarsku weereens dat julle moet oppas en altyd met MY in verbinding moet bly. Sonder MY sal jy verlore in die bose wêreld wees. Kom na MY en EK sal jou antwoord en sê hoe jou geliefde vorder in MY RYK. In besonderse gevalle stel EK die geliefde aan die woord as die geliefde baie ver ontwikkel is en weer as boodskapper in MY diens staan. Dan laat EK dit ook net vir ‘n kort rukkie toe. Glo MY. Moenie nog twyfel aan MY sorg vir al jou geliefdes wat reeds hierdie aardse jammerdal verlaat het nie. EK lei hulle.
MY kinders, julle moet in MY woorde glo, en nie twyfel nie. Julle moet julle rein hou vir MY. EK sal ook nie toelaat dat daar teveel duiwels by jou kom nie, EK sal jou help en red as jy net jou deel doen en wegbly van plekke waar die duiwel hoogty vier.
Ja, MY kinders, dis MY VADERLIKE raad aan julle en dit bly ook julle keuse of julle dit wil aanneem of nie. Kom egter na MY met al jou laste en sorge en EK sal jou antwoord en elke las van jou skouers afneem. Dit is MY raad aan julle; soek net na MY sodat EK jou van elke boosheid kan bevry. Julle weet nie hoeveel duiwels draai om julle siele rond en probeer om plek te kry waar julle swak is in om daar jou verder aan te val en al jou weerstand te probeer afbreek nie. Dit is so belangrik dat jy jou lewe in gebed tot MY moet deurbring.
Ja, MY kinders, julle ken al die ware gebed sonder woorde in ‘n hart wat van liefde tot MY brand. En dan moet jy ook jou deel doen om volgens MY wyse raad te handel. Die ware gebed is altyd ‘n smeking in ‘n hart wat van liefde brand.
Woorde wat ander mense hoor bederf altyd jou innige gebed tot MY. Gebed is ‘n saak tussen jou en MY. Moet almal hoor wat jy vir MY te sê het? EK wil die sagte taal van jou hart hoor, dit sê vir MY dat jou liefde vir MY waarlik en eg is.
MY kindertjies, hou julle aan MY wyse raad as julle wil.
Amen.
EK, julle VADER en MEESTER.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205