DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 13
Die materie as ondergang vir sommige
30.11.2007 om 14;08
Soos jy weet, is jou liggaam materie wat gevoel het en behaag wil word. Maar die vlees begeer teen die GEES. Volg MY GEES na, en gee nie toe aan julle vlees nie.
Die materie is die ondergang vir hulle wat nie na MY woorde wil luister nie.
 
2.12.2007 om 08h48
Ja, hulle eie liggame verlok hulle en hulle leef om hulle liggame te behaag. Dit is baie se ondergang. Maar julle, MY kinders, waarsku EK so baie, en as julle net luister, sal julle vry word. Glo MY woorde en moenie julle liggame behaag nie, dit bring die dood. (Hiermee bedoel EK nie dat alles sonde is nie, dis die teveel van alles wat sonde is. Eet is nie sonde nie, jy moet eet, maar teveel eet is die sonde.)
EK het gekom om julle te verlos. EK het in ‘n liggaam net soos julle gekom en EK IS ook versoek, maar nooit het EK geval nie. EK IS al op ‘n vroeë ouderdom een met MY GEES. As jy die weg van gemak volg, is jy heeltemal teen MY GEES. Dit is ook hoe jy MY GEES in jou bedroef en EK dan MY GEES diep terugtrek.
Dan volg jy die weg van die wêreld. Daarom waarsku EK gedurig dat julle moet leer om julleself te verloën en nie moet toegee aan die luste en begeertes van jou vlees nie. EK sal enige een help wat MY om hulp vra, sodat hy/sy homself/haarself kan oorwin. Dit is ook die stap tot wedergeboorte, dit is vol klippe en ongelyk, maar as jy net vra, maak EK dit gelyk.
Leer kleintjies van vroeg af om MY lief te hê en MY hand in alles te sien; sodat hulle in liefde vir MY groei en nie moet toegee aan die verlokkinge van die wêreld nie. Want, waarlik; iemand wat MY liefhet, oorwin homself gou! Nou weet julle wat EK bedoel het, met; “Kom uit haar uit!” Jy moet van elke vleeslike lus en begeerte loskom, jy moet vergeestelik. Jy moet geestelik wedergebore raak.
Ja, EK red en help julle en EK sal julle nooit laat dwaal nie, julle wat MY so liefhet!
EK beskerm julle en rondom julle is MY engeleskaar. Weereens sê EK; “Kom na MY en kry MY lief, dan sal EK jou pad gelyk maak en jy sal wees soos ‘n vlinder.”
Dit is wat EK wil hê.
EK, JAHSHUA.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205