DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 36

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 36
Vier seisoene
4 Januarie 2008 om 13h13
My kinders, vier seisoene
gaan oor die wêreld
julle begin nou die winter
alreeds is die geestelike
koue en donkerte
winter op die siele aarde
en dit word winter nag
 
Julle wat My verwag
die sonskyn dag
gaan oor die kim breek
en die Son sal nooit steek
want dit is Ek
Ek gaan julle almal wek
en julle sal My sien
en My regtig dien
dit sê Ek, JaH
omdat julle dit vra
 
En ook sal vier seisoene
op een dag oor een land
kan gaan
winde en waters sal weë oopbaan
maar sien daarin My hand
Ek sal julle beskerm
Ek doen My woord gestand
 
Ja, elke kind van My
kan hulle hart verbly
want Ek, julle Vader
trek julle nader en nader
 
My kinders, sing
want Ek gaan julle
met die lente en somer
van My liefde omring
bloeiend en warm
is My Liefde en My arm
en Ek sal onder julle wees
en My Gees
sal julle harte laat sing
julle sal My lof toebring
 
Amen! Ja, Amen!
sê Ek, JaHWeH
kom lê in My arm
dis veilig en warm
en Ek sal jou met
My warm liefde klee!