DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 3
Die kwessie van MY Naam.
 26.11.2007 om 11;29
Hoe weet iemand nog om MY Naam uit te spreek soos EK dit in die begin vir Moses gegee het? Al die tale is nou nuut en die presiese uitspraak van MY Naam van daardie tyd het verdwyn.
Aan die wat MY ken as JaHWeH, openbaar EK MYSELF as JaHWeH. Net so met Here, Jehovah of Jesus. Soos jy MY ken, openbaar EK MYSELF aan jou.
Maar julle moet leer dat EK IS die Enige, Onsterflike GOD, wat MY nie vermoei met julle stryery nie, daar waar julle stry, is EK nie.
Weet julle wat is MY ware Naam? MY Naam is Liefde. Want EK IS Liefde, sag en rein. EK IS Liefde wat vertroos in tye van diepste nood. EK sê weer; EK IS Liefde. Julle kan nou maar sit en stry, EK IS nie by julle as julle oor MY Naam stry nie. Julle doen MY daardeur ‘n groot oneer aan.
EK IS by die wat MY opreg in hulle harte bemin. EK IS by die wat MY bo alles liefhet. EK IS by die wat hulle naastes uit liefde tot MY liefhet. En niks, NIKS sal dit verander nie.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205