DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 31
Die Boek van alle boeke
28 Desember 2007 om 21h35
Ja, My kind, Ek gaan nou iets verduidelik oor die Bybel. Dit is ‘n boek net soos enige ander boek. Die letters daarin is dieselfde, maar as jy in die liefde gegrondves is, is die woorde lewend in jou hart, terwyl geen storieboek se woorde lewend is soos ‘n volbringde daad nie. Dit is dit tipe woorde wat Ek spreek.
My Woord is egter nie die Bybel nie, My Woord is Ek. En Ek, die Ewige wat die Woord is, het nooit opgehou om tot die mense te spreek nie. In elke tyd en elke volk het Ek profete opgewek. EK IS die Lewende, die Enige, Hy wat was, wat is en wat kom. En Ek het en sal nooit ophou om met My kinders te praat nie.
Die Bybel is ‘n boek soos alle ander, maar wat jy geestelik daaruit kan kry as jy My liefhet, is baie meer as alles. Ek is nie in die letter van die woorde daarin nie. Soek My in Liefde, want EK IS die Liefde en jy vind My in Liefde. Baie kan een van My kindertjies wat My liefhet uit die Bybel kry vir sy gees, maar iemand wat My nie lief genoeg het nie, sal nie die Gees van die woorde insien nie.
Amen.
 
21h45
Wees My getrou
en Ek sal jou
op My woord getrou
in My Naam herbou
 
Ek doen My woord gestand
oral waar My kinders land
oral waar Ek vind
daar is ‘n kind
 
‘n kind van My
wat My
so getrou bely
en daardeur bevry
 
Ek die kind
en hy weet hy’t My gevind
en raak deur liefde tot My verblind
en val in My arms in
 
iemand wat My getrou bemin
slaap in My arms in
en opwek
sal Ek
 
so ‘n persoon
en hy sal in My hemel woon
want so ‘n hart, rein en skoon
is soos ‘n droom
 
‘n geskenk
wat My gedenk
Amen! Ja, Amen!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205