DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 4
Lig, Lewe en Liefde
28. 11. 2007 om 12;43
Lig beteken Waarheid, Krag, Liefde en Lewe, en al die dinge is EK. Waar sal jy vir 'n ander Lig soek? Niemand kan hierdie Lig aan jou gee nie, hierdie Lig wat Liefde is moet jyself in jou hart laat ontbrand, dan sal jy sien waar om te loop. Want hierdie Lig is jou Lamp wat EK aan jou gegee het. Dit is MY GEES in jou binneste, MY GEES ken die Weg na MY, om dit vir jou te toon en aan die einde van jou siel se reis sal dit dan met MY GEES verbind. Dit is ook hoekom daar in Openbaring staan; “En die GEES en die bruid sê, kom.”
Jou siel is die een, jou eie ek, wat nog nie Lig het nie. Daarom het EK MY GEES as Lamp vir jou siel in jou geplaas.
Het jy al ooit gewonder hoe jy met MY sal trou? Dit is jou siel wat die bruid is, wat aan die einde van jou siel se reis na jou Gees, met jou Gees sal verenig sodat jy ten volle wedergebore sal word. Dit is jou huwelik met MY.
Dit is ook dan wat jy MY sal verkondig, omdat EK in jou ‘n Lewende Fontein geword het, wat aanhou vloei. Deur jou sal EK uitvloei na jou naastes en hulle tot lewe wek in MY Naam wat heilig is.
Julle sal juig, want EK sal op julle lippe wees, en julle sal vir almal wat dors het, sê; ‘Kom!’ Ja, dit is julle erfdeel. Dit is ook die talent wat EK vir julle gegee het, wat julle moet vermeerder. Die talent is; Lig, Lewe, Liefde. En die laaste is groter as die eerstes.
Amen.
VADER, ek dink dan U sê dan dat Liefde, Lig en Lewe is dieselfde?!
MY kind, Liefde steek die Lig aan en die Lig lei tot die Lewe. Maar Lig, Lewe en Liefde is een WESE, een, omdat die een (eienskap) nie sonder die ander bestaan nie.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205