DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 5
Wat die kruisiging geestelik vir julle beteken.
Vrydag, 30 November 2007 om 21:54
MY kruisiging het vir julle groot betekenis. Maar waaroor EK in die hoofstuk wil vertel, is hoe jy dit geestelik moet verstaan en jou daarmee moet vereenselwig.
MY kruisiging beteken vir julle verlossing van elke sonde wat die dood self is. MY kruisiging het vir julle ook 'n groot betekenis, jy moet jouself, jou 'eie ek' kruisig om soos EK vir die Lewe op te staan. EK het die pad vir julle kom oopbaan en EK het die Weg vir julle gewys.
Dit is die Weg van selfverloëning om ten volle jou kruis op te neem en MY in alles na te volg. Elke lus van die vlees moet jy oorwin deur MY hulp en jy sal gereinig word en met MY verenig. EK SELF het ook versoekinge gehad op MY aardse pad, EK het in 'n liggaam gekom, aan julle gelyk. En EK het MY liggaam oorwin. Dit alreeds op 'n vroeë ouderdom, omdat EK een was met die VADER. Na MY kruisiging het EK en HY EEN geword, volkome EEN. Jy sal MY nie ken sonder die VADER nie, en die VADER kan jy nie ken behalwe deur MY nie, want EK IS julle VADER. EK IS die GEES. EK IS EEN met HULLE en HULLE met MY. ONS IS EEN soos jy, jou liggaam, siel en gees een wese is, is ONS EEN WESE. EK IS GOD. Ja, JAHWEH, ELOHIM en ewig is geen een aan MY gelyk nie. EK IS sê dit vir julle.
Nou verder oor jou.
EK het gesê dat jy jou kruis moet opneem en MY volg. Dit beteken dat jy MY moet nastreef en in alles MY hulp moet vra, jy moet streef daarna om jouself te oorwin.
Dit is die kruisiging van jouself, dit is die pad van eenwording met MY.
Dit is die geestelike wedergeboorte. Dit is swaar soos MY pad na Golgota swaar was, maar EK IS altyd daar om julle te help en te dra, omdat EK weet dat julle swaarkry om julleself te oorwin.
Die kruisiging het ook 'n betekenis wat julle in julleself sal voel.
Golgota, die plek van die hoofskedels is jou verstand, want hulle het MY gekruisig omdat hulle verstandsmense was en die liefde nie gehad het nie.
Die verduistering moet wees dat jy al wat jy dink moet laat vaar en heeltemal net op die liefde moet ingaan, sodat jy na die verduistering van jou verstand die Hart kan sien en met MY een kan word. Waarlik, EK IS die Seun van GOD.
Amen.
Verstaan dit nou.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205