DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 25
Ek maak jul vissers van mense
21 Desember 2007 om 09h36
 
My kinders, laat niks julle pla
Ek skenk vry My genade
Ek sal julle altyd dra
op die vleuels van My genade
want julle naasteliefde word dade
Nou bring Ek elkeen op jul pad
wat julle moet lei na My hemelse stad
Visse swem op My bevel in julle net
want julle volbring My hemelse wet
Visse in skole swem na My net
wat Ek tussen julle gespan het
 
Ja, Ek alleen is baie groot
Ek red die visse uit die dood
van die groot wêreldsee
Ek voer hulle op My skuitjie mee
Loof My
en bely My
want Ek sal almal red
wat My hemelse liefdeswet
brandend in hulle harte het.
Ja, My vissies vrees geen gevaar
omdat hulle in skole om My vergaar
saam sal Ek hulle roep
My lokstem sal klink
en die aas vir hulle wink
Ek maak julle vissers van mense, maar soos die visse in die nette van My dissipels sal mense in die nette van My liefde wees. Ek gee die net in julle hande en Ek stuur vir julle die edelvisse wat julle gou so blits moet opskep uit die wêreldse see.
Die land van arbeid het Ek aan julle gegee. Ek het die koring vir julle laat groei. Ek gee jou die sekel in die hand en wys presies vir jou watter koring jy moet dors vir My Ryk.
Soos Ek vir Louise gesê het, moet julle net bereidwillig wees en Ek sal jou klee met die wapenrusting. As jy net wil. Ek kon al honderde kere met julle wat hier lees, gepraat het. Julle geloof in My woord is nog te swak. Ek het al baie met julle gepraat, maar julle luister nie. O, julle kleingelowiges! Hoe sal julle die satan kan weerstaan? Glo My en vertrou My en jy sal hoor hoe Ek met jou praat. Ek wil julle almal gebruik, jy is hier met ‘n doel en ‘n rede.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205