DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 50

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 50
EK IS die Waarheid
26 Januarie 2008 om 22;47
EK wat in julle harte spreek, is die Waarheid. EK IS binne in julle en die Waarheid reinig en maak vry. EK roep julle nou om julleself af te sonder, julle hoef julle nie toe te sluit nie, behalwe as EK dit beveel. Wat EK met afsonder bedoel, is dat julle MY in julle harte moet aanroep en net op MY te konsentreer.
Dit voel letterlik of EK julle uitmekaar skeur, maar reiniging is nodig. Die Waarheid dring deur en breek die aardse bande van die dood. Die Liefde kom en heel alles. Die Liefde gee mense weer aan mekaar terug, skoon en suiwer. Hierdie is MY Woorde van Waarheid, dat julle moet streef om een te word met MY. Gee jou hele hart vir MY, julle is in MY en as julle MY kies, kies julle ook almal om julle, maar kies julle ‘n persoon, het julle net die een persoon wat self net ‘n mens is.
MY Liewe kindertjies, hoor MY Woorde en luister daarna. EK roep en vra julle. EK IS baie lief vir julle. Julle VADER.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205