DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 14
Wat is sonde?
27.11.2007
Baie van julle vra die vraag; ‘Wat is sonde?’ Nou wil EK julle vertel. Sonde is enigiets wat jy nie doen uit liefde tot MY en jou naaste nie. Byvoorbeeld. Jou naaste het ‘n tuin en jy gaan en vat iets daaruit. Dít was bloot ‘n voorbeeld.
Ook as jy iets sê om ander te krenk is dit sonde. Sonde is ook wanneer jy stry. Kortom, sonde is alles wat jou naaste kan krenk en ongelukkig maak. Sonde is ook as jy skinder. Die een van wie jy skinder weet baie keer nie dat jy van hom of haar skinder nie, maar EK weet. Julle is almal MY geliefde kinders en dit maak MY VADERHART seer as julle mekaar nie in liefde kan verdra nie.
Ja, julle was almal een of ander tyd daaraan skuldig. Bid tot MY en soek MY in jou en as jy MY gevind het, sal jy sien dat EK ook in jou naaste woon. Het MY net lief, en het mekaar net lief.
Amen.
MY kinders, EK wil julle net weer ‘n keer sê dat hoogmoed die Hoofsonde is, want alle sonde word daaruit gebore. Kyk nou maar na die val van die engele!
Hulle het uit hoogmoed geval. Wees julle nederig en vol van MY lof. Ook wil EK sê; onthou julle van oordaad! EK sê jy moet eet en vrolik wees, maar moet nooit oordadig eet nie. Daarin lê die sonde. Dit weet MY skryfkneg goed!!!!
Sy is al oor die vingers getik oor eet. Wat EK moet byvoeg is, die oordaad is van die duiwel en as jy teveel geëet het, verlei hy jou tot verskillende sondes. Dit is daarom wat EK die heeltyd waarsku.
Neem MY woorde oor die wellus ook goed in ag. En lewe julle heilig.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205