DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 34

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 34
Aanvaar geen ander Elohim
3 Januarie 2008 om 22h28
Ek is die EEN
wat selfs die ergste sondaar
kan red en bevry
en hom in liefde kan lei
julle, My Sion
sal in verwondering staar
hoe moordenaars hulle kom skaar
en vir My sal veg
en kom wandel op My Weg
 
Ek is die EEN
wat sterk genoeg is
om almal te red wat in
My nog glo
dit is gewis
vir almal wat dade
van naasteliefde doen
is daar genade
en Ek trek ‘n skoen
aan so ‘n voet
Ek het vir al hulle sonde geboet.
 
Slegs die wat verbastering voorstaan
sal vir lank voor My nie bestaan
want hulle sal Ek kluister
omdat hulle nie wou luister
 
Vir al die ander wat
tot My bid en smeek
kom Ek haal
vir hulle is Ek deurgesteek
en gemartel aan die kruis
nou moet jy slegs bewys
dat jy My liefhet
deur My Hemelse wet
van liefde te onderhou
en omdat jy dan getrou was
sal Ek jou in die
Melgisédek-orde inpas
 
Jy sal wees My kind
en Ek sal wees jou VADER
omdat jy ten spyte van jou sonde
na My kom soek het
 
My kinders, wees verheug
want Ek, julle VADER
kom elke siel gebonde
en verlore weer red
en vir My Ryk herstel.
Ek het julle baie, baie lief
dit weet julle wel
 
Amen
 
Ja. Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205