DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 32
Die Boek van Herinnering
29 Desember 2007 om 22h06
My kind, jy wou al lankal weet wat Ek van die Boek van Herinnering dink. Dit is in die huidige tyd, die beste Bybel om te lees. Ek het dit aangeneem, want dit is die werk van liefdevolle hande. Ja, EK IS sê dat dit die werk van My kinders is wat Ek aanneem.
Ek het dit aangeneem en geseën. Ook seën Ek almal wat betrokke was by die vertaling en almal wat dit met ‘n opregte hart lees. Ook seën Ek elkeen wat dit vir sy naaste tot seën laat strek. Ek wil ook vanaand hê dat elkeen van julle wat hier lees, Jesaja (JeshaJaH)18 moet lees, want dit is nou op julle van toepassing. Daardeur laat Ek julle nou self om die beeldspraak te ontrafel.
Vraag: Vader, hoekom JeshaJaH 18, ons het dit vandag gelees?
Antwoord: Nee, julle het dit nie gelees nie, My seun het gesê dat julle JeshaJaH 18 moet gaan bestudeer, want dit is vir julle volk.
Vraag: Liewe Vader, wat van die mense wat nie die Boek van Herinnering het nie?
Antwoord: Ek sorg vir hulle, glo jy dit? Het Ek jou in die duister laat bly? Het Ek jou laat versmag toe jy My om lig gevra het? Net soos Ek vir jou gesorg het, sal Ek vir elkeen sorg wat My daarom vra.
Amen!
 
 

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205