DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 33
Jahshua min my
2 Januarie 2008 om 15h39
Laat die opskrif “Jahshua min my” julle leuse wees, My kindertjies. Ek, julle Vader is so lief vir julle. Julle kan nie My groot liefde vir julle besef nie. My liefde spreek julle vry van elke oortreding as jy waarlik berou het en verder aan net op My Weg sal stap. Ek wil julle so graag koester teen My bors. Ek wil ook so deur julle bemin word.
Waarlik, Ek wil julle in My Liefde inlei. Ek het in My Liefde vir julle op Golgota gely, net om julle te bevry, want dit is Ek wat bevry! Ek het soveel behae in ‘n sondaar wat in berou na My toe kom! Ek wil Elkeen vasgryp en teen My Vaderbors koester. Ek wil hoop bring aan elke hart wat in smart verkeer. En jy, My skryfkneg wat hier skryf, Ek weet van alles wat jou pla. Dra jou broers in jou hart op aan My. Ek het almal baie, baie, so baie lief, ja elkeen is My hartedief, en elke een wat so roep na My sal Ek van elke boosheid bevry.
Ek wil dat julle met My een word; want Ek het julle so lief.
Amen. My liefste, liefste kinders!
Amen.
 

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205