DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 10
Maandag, 03 Desember 2007 om 20:14
EK sal julle red uit nood en hartseer
EK sal julle red uit die dood
En uit elke nood
Want dit is julle wat MY bely
Daarom sal EK julle verbly
 
Ja, MY kleintjies, julle wat MY woorde glo, het nie ‘n idee hoe die mense julle haat nie. EK beskerm julle, en EK IS baie lief vir julle. Hou net aan MY vas. EK sal jou bely voor MY VADER en die engele as jy die heeltyd besig was met MY. Ja, MY kindertjies, EK sal julle bevry van elke las. EK sal maak dat julle verstaan dat elke swaar (krisis) wat julle deurstaan, julle net dieper na MY sal laat soek omdat julle MY liefhet.
Vrees nie die dood en kom na MY, dra almal wat jou haat met groot liefde aan MY op, sodat EK ook hulle wat julle nou haat, kan vrymaak, omdat julle hulle liefhet. Dit is die liefde, dat jy jou vyande moet liefhê. Bid tot MY, om daardie liefde in jou hart te kry sodat jy kan verstaan. Moenie hulle opgee as verlore nie, julle gebede kan die duiwel van daardie persoon afweer deur julle liefde vir die persoon, en dan het EK ‘n geleentheid om die persoon se hart te bevry.
Dit is die naasteliefde, om te bid vir wie jou haat, en die vyand met al jou liefde aan MY op te dra.
Julle sal nog baie swaar hê. MY skrywers is, soos EK ook toe EK op aarde geleef het, uitgeskel as duiwels, dit is direk in hulle gesigte vir hulle gesê, en die groot haat wat uit die mense se oë gestraal het, het hulle deurboor. Hulle het ‘n swaar pad en dra laste wat julle nou nog nie kan begryp nie. Laat EK vir julle vertel dat daarin ‘n diens plaasgevind het. Vooraf het EK vir MY een skryfkneg gesê dat daar nie diens sal wees nie, sy het MY verkeerd verstaan en gedink dat sy nie sal hoef te ry nie, maar EK het vir haar toe gesê; ‘Dit sal geen diens vir MY wees nie’. Die skryfkneg wat hier skryf het die woorde van MY ontvang toe sy op pad was na die ‘diens’ Sondag; ‘Hulle gaan met julle raas en lelike dinge sê.’ MY ander skryfkneg het ook woord van MY af gekry.
Die twee wat EK eers genoem het, het in die kleedkamer gehuil voor die ‘diens’ begin het. Hulle was hartseer en uit MY skryfkneg se oë het trane gerol omdat sy weet dat die mense wat toe gesing het, nie met hulle hele hart MY geloof het nie. Die trane van smart het gerol oor hulle wange, omdat die liedjies so mooi is en dit word gesing tot die mense se eie eer en lof. ‘Kyk, ék sing en daarom is ék gered.’ ‘Kyk, ék het God so lief dat ék sing.’ Ja, daaroor het MY knegte bitter trane gestort en gevra dat EK moet barmhartig wees met almal.
EK moet ook byvoeg dat EK in die groep waarvan EK praat, drie groepe sien. MY knegte is geheel en al vir MY, een groepie wil nie kant kies nie en een groep is totaal teen MY en MY GEES. Hulle moet egter let op die teken wat EK vir hulle sal gee. En hulle sal hartseer wees en vol angs wees omdat hulle MY uitgedaag het, en direk teen MY GEES ingegaan het. Hulle sal byna beswyk van angs as hulle besef dat hulle MY uitgedaag het en MY in MY woorde gevange probeer hou het.
Maar MY knegte sal hulle verbly
EK maak hul van elke sonde vry.
Die wat tussen die boom en die bas hang, maak julle keuse gou, want EK kom op die wolke. En elke een wat vas in MY glo, sal saam met MY gaan. Wee egter die wat net altyd twyfel en altyd op loer is na waar hulle dit die beste gaan hê. Julle moet kies, MY Weg is nie ‘n weg van gemak nie, dis die weg van selfverloëning; die weg waaroor die mense jou sal haat, want almal wat MY Naam bely, word gehaat. Ja, jy moet jouself ten volle verloën, jou kruis opneem en MY volg.
Jy kan nie MY en die wêreld aanhang nie.
Dit sê HY wat WAS, wat IS en wat KOM.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205