DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 46

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 46
EK lei julle na die hemelse stad
20 Januarie 2008 om 21;19
As julle MY liefhet, vat EK julle hande en julle stap met ‘n gejubel en gejuig saam met MY na MY Hemelse stad. EK help julle op as julle geval het, en EK laat julle triomfeer. MY Krag sal eindelik seëvier, die Krag van MY Bloed. As julle net glo dat MY Bloed julle kan was van elke oortreding, SAL EK jou NIE beskaam NIE, dit IS EK wat bevry! EK kan jou ruk uit die diepste dal, uit brandende vuur sal EK jou uithaal, uit vernietigende strome sal EK jou verlos, as jy net glo dat EK Magtig genoeg is om jou te verlos.
Maak net jou oë oop en sien dinge raak wat jy voorheen net oppervlakkig na gekyk het. MY liewe kindertjies, die heelalle op heelalle is groot, maar alles is ook in ‘n ertjiekorrel. Een ertjiekorrel bevat ook die gees van die gevalle wese. As EK jou diep kon laat kyk, sou jy die heelalle in ‘n enkele ertjiekorrel gesien het.
EK het kom mens word om JOU te verlos! Mens, EK IS Lief vir JOU!
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205