DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 16
Nederigheid en hoogmoed
28.11.2007 om0h49
As nederigheid in volle glorie teen hoogmoed te staan kom, sal julle die groot verskil sien en skrik. Dit is die verskil tussen hemel en hel. Julle sien by die nederige genade, liefde, deernis, medelye, barmhartigheid en agting vir die medemens, maar by die hoogmoedige net die teenoorgestelde. Het jy al ooit gewonder waarom het EK gesê dat in die dag sal twee vrouens by ‘n meul maal, die een sal aangeneem word en die ander verwerp word’?
Daarop gee EK dié antwoord, die een is nederig en die ander hoogmoedig. Dit is ook die ‘hemel’ en ‘hel’ wat mens langs mekaar kan sien staan. Hulle kan langs mekaar staan, maar is so ver van mekaar verwyderd. Die afstand tussen hulle is soos die afstand tussen die hemel en die hel.
Verstaan julle nou MY woorde? Die hemel is in julle harte en julle het MY gesoek. Julle het MY gevind en EK breek elke helse gedagte wat op sigself volkome hel is, weg. EK reinig julle en EK dra julle weg. EK maak julle vry van sonde, EK breek die kettings van die dood.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205