DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 44

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 44
Hou julle oë op MY
18 Januarie 2008 om 14;39
Hou julle oë op MY en leef volgens MY voorbeeld; Liefde, nederigheid en sagmoedigheid. EK wil julle optel en aan MY BORS druk, maar net as julle nederig is sal EK na julle kan kom, as julle MY liefhet.
Volhard, MY kleintjies, soos atlete en hardloop om die wenpaal te haal en die prys te ontvang. Ja, in MY wedloop maak dit nie saak of jy eerste is nie, dit maak saak of JY die wenpaal gaan haal. Elke een wat die wenpaal (wedergeboorte) haal, kry die prys (die Ewige Lewe).
Werp dit alles in die stryd en EK sal jou krag gee, en as jy struikel, help EK jou op om met nuwe krag verder te hardloop.
Hou jou oë op MY en jy SAL die wenpaal haal.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205