DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 18
Die gelykenis van die talent; Lig, Lewe en Liefde
8.12.2007 om 5h00
MY kinders, die gelykenis lui so; Daar was ‘n man met drie diensknegte. En die man het op reis gegaan. Hy het aan een dienskneg vyf talente gegee en aan die tweede dienskneg twee en aan die laaste dienskneg een. Toe het hy vertrek op sy reis. Die dienskneg wat die vyf ontvang het, was hardwerkend en hy het gewerk en nog vyf talente gemaak. Die dienskneg met die twee het ook daarin geslaag om dit te verdubbel. Maar die dienskneg met die een talent het dit begrawe.
Toe die meester van sy reis af teruggekom het, het hy hulle na hom geroep. Die dienskneg met die vyf talente het met ligte voete en ‘n jubelende hart gekom en tien talente aan sy meester teruggegee. Die dienskneg met die twee het nou die vier aan sy meester getoon, en die meester was baie tevrede met hulle.
Die dienskneg wat net een gehad het, het vir die meester gesê; ‘Ek weet dat u ‘n harde man is, wat oes waar u nie gesaai het nie, hier is u talent.’ Die meester was kwaad en het gesê dat hy ‘n lui dienskneg was en daarom nie die RYK sal ingaan nie.
Nou gee EK julle ook die uitleg. Die talent wat EK hier gegee het, is Lig wat ander die Liefde inlei en dus die Lewe gee. Almal wat jy in MY Naam bearbei het, sal jou talent wees en jou Lig sal vermeerder.
Die dienskneg wat die talent begrawe het, is die wat glo dat EK nie ‘n GOD van Liefde is nie. Hulle dink EK IS ‘n vreeslik harde persoon. Ook het hulle nie Liefde nie, anders sou hulle MY geken het. Sulke klipmense sal MY RYK nie ingaan voor hulle MY leer ken het nie.
Julle wat MY Lig versprei onder die mense deur hulle van die Liefde te leer en daardeur hulle Lewe gee, sal in MY RYK ingelei word. Met min was julle getrou! EK sal julle baie gee om na om te sien.
Amen. MY geliefde kinders.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205