DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 38

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 38
Die belangrikheid van voete
7 Januarie 2008 om 16;12
EK het ook jou voete kunstig gemaak en baie beteken dit vir jou. Jou aardse voete is belangrik om mee te loop en ook is daar senuweepunte waarop jy kan druk om pyn in ander dele van jou liggaam te verlig. Ja, voete is ‘n gawe van MY.
Maar EK wil praat van die belangrikheid van jou geestelike voete. Voete is ‘n beeld van bereidwilligheid, die beeld van hoeveel jy bereid is om vir MY te doen. Dit is jou wandel op MY Weg. Die wandel op MY Weg is jou lewe, jou ewige lewe. Wandel in die Liefde en moet niemand oordeel nie, aanvaar almal, selfs die grootste sondaar en staan hom in liefde by.
Moenie dink dat daar nie genade is vir iemand nie. MY weë is nie julle weë nie en almal kry nie dieselfde genade nie (VADER bedoel die engele wat nooit die oersonde gedoen het nie en nou op aarde is, het net nodig om vir gewone sondes vergewe te word. Ook bedoel HY dat ons almal individue is, en HY moet met elkeen anders werk.), sommige mense het meer nodig en ander weer minder.
As jy net bereidwillig MY woord wil verkondig en MY om krag vra, sal EK jou versterk en jy sal nie moeg word nie. EK gee jou altyd krag en as EK krag gee, gee EK genoeg. EK werk, alleen volgens MY orde en gaan nooit in teen MY orde nie. Deel van dié orde is jou vrye wil. EK doen nooit iets teen jou wil nie. As jy glo dat EK jou kan help, sal EK jou help, EK sal jou verlos uit die diepste dal en die vuilste modderput.
Op aarde wens sommige van MY knegte dat EK hulle moet verlos van hulle liggame, maar hulle moet eintlik net hulleself kruisig. EK het al genoem dat dit swaar is, netsoos MY pad na Golgota swaar was. Maar EK gee jou krag en MY genade is vir jou genoeg. Ja, EK sal jou help om jouself te kruisig en te oorwin. Jou geestelike voete is die sleutel daarna.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205