DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 2
Dit is EK wat verlos
27.11.2007 om 16;48
Dit was in die tyd toe die katolieke die mense wat in MY geglo het, uitgemoor het. Daar was 'n vrou wat MY baie liefgehad het, genaamd Esmeralda. Sy het dag en nag tot MY gebid en EK het haar verhoor.
Eendag was sy besig om te bid en Bybel te lees, toe die lede van die inkwisisie by haar aanklop. Sy het nie so gou 'n plek gekry om haar Bybel weg te steek nie en sy het begin bid tot MY om haar te bevry.
Sy het haar Bybel onder haar kopkussing op haar bed gesit en gaan oopmaak. Sy het geweet dat iemand haar moes weggegee het. Die soldate het die huis gefynkam en orals gesoek, maar Esmeralda se gebed het opgerys tot in MY oor. Hulle het gesoek, maar niks verdag gekry nie.
In daardie tyd kon min vroue lees en dit was gewoonlik net seuns wat geleer lees en skryf het. Esmeralda het 'n ouer broer gehad, en sy naam was Simon. Hy het sy suster geleer lees en skryf en hulle was baie na aan mekaar.
Die uiteinde van die storie was, dat Esmeralda onskuldig bevind was op alle aanklagte. Ook sal EK julle so beskerm soos vir MY Esmeralda wat MY liefgehad het en dag en nag tot MY gebid het. Leer die les daaruit om in alle omstandighede op MY te vertrou.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205