DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 8 
Bloedrivier
Vrydag, 07 Desember 2007   om 21:18   marietha
Wees bly, MY volk!
EK het julle daar gered,
Daar by die rivier
In daardie uur
Was EK en MY engele by jul.
 
Ja, dit is nou lank gelede
Maar steeds is EK dieselfde
EK bly jul VERLOSSER nog
Soos daardie dag
En die nag
Daar by die rivier.
 
Wees bly, wees bly!
Dit is EK wat bevry
Na al die eeue nog
Dink altyd tog
Aan daardie nag
En daardie dag
By die rivier.
 
Vir die boere was daar
Geen uitweg
Hulle het ‘n Gelofte gedoen
En gesê dat hulle die dag
Sal gedenk
En dat hulle hulle kinders so sal leer.
 
MY kinders, MY kinders,
Daar is iets wat MY hinder
Waar is julle naasteliefde heen?
Ween, MY kinders, ween
Want waar gaan julle land
En volk heen?
 
MY kinders,
Julle wat nou by MY skuil
Julle moenie huil
EK kom om julle weer te red
Ja, in die donker nag
Sonder sterreprag
Waarin die barbare
Verwoestend toesak
MY kinders,
Skuil by MY
Dit is EK wat hierdie stryd sal stry.
 
Sing, MY kinders, sing!
EK het ‘n offer gebring
Baie eeue gelede
Onthou MY kruisiging
EK het julle losgekoop
Staan nader vir MY doop
Die doop van die GEES
 
EK kom weer!
EK kom weer!
Die dag is naby
Dat EK julle stryd kom stry
Hoe wens EK dat dit reeds
Hier is!
Ja, EK wens dit steeds
Dis gewis!
 
Onthou, dit is EK wat red uit nood
EK bevry julle uit die dood
Dit is EK wat bevry!
Luister na MY
En jy sal leef!
Hou MY altyd voor oë
Want EK IS altyd naby
In jou en om jou
Omdat EK MY HUIS in jou bou.
 
Vier vir MY ‘n fees
In julle harte
Dit beteken; wees bly!
EK het aan die kruis vir julle gely!
Nou wees bly en sing
EK SAL weer verlossing bring!
Dit is EK wat bevry!
 

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205