DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 43

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 43
EK IS julle Vriend
18 Januarie 2008 om 14;28
Kom, MY kindertjies, EK IS julle Vriend, en EK wil julle deur MY grote Liefde die hemele indra. Vertel MY alles en EK sal jou troos. EK IS, is jou Vriend, jou Skuiling, en jou Rots. Kom bou op MY. Roep MY aan en vertel MY alles wat jou pla, want net EK kan alles verstaan. EK sal troos in jou hart uitgiet en jy sal wees soos ‘n lewende fontein.
Jy sal vervul wees van MY GEES en MY Krag sal jou eie wees, omdat jy MY dan jou eie gemaak het, omdat jy heeltemal op MY Wil inbeweeg het. EK nooi julle om Een met MY te word.
Kom net na MY en leef volgens MY voorbeeld, dan sal jy gou Een met MY word. Ja MY kinders, leef net in die Liefde, dan sal julle MY Lewe verwerf en jy sal bestaan in MY.
Amen.